Lewende opperwet
Namibië het Saterdag teruggekyk op 'n baie uitsonderlike en trotse oomblik in sy geskiedenis: die grondwetskrywende vergadering se eenparige aanvaardig van die Grondwet op 9 Februarie 1990.
Dié dag kan nie gevier word sonder om met ontsag te besin oor die uitdagings waarmee ons steeds worstel nie.
Wyle prof. Kader Asmal, die Suid-Afrikaanse politikus en menseregtekenner wat destyds nou betrokke was by ons grondwetskrywende proses, het die vaders en moeders van ons opperwet se taak vergelyk met die stryd wat in die heuwels gevoer is terwyl die geveg in die vallei voortduur.
Nege-en-twingtig jaar later is armoede en gebrekkige infrastruktuur in informele woongebiede, onderwys, gesondheidsdienste asook politieke onverdraagsaamheid en verdagmakery die gevegte wat steeds woed.
Die Grondwet was immers nie 'n eenmalige gebeurtenis nie. Dit is 'n lewende dokument waarvan die betekenis voortdurend gestalte moet kry in die lewens van die mense van hierdie land.
Die vrou in Katutura wat met 'n siek kind in haar arms vir ure lank haar beurt by die hospitaal afwag, is hoofstuk 3 van ons Grondwet.
So ook die kleinboer op die oewer van die Oranjerivier wat staatmaak op sy reg op toegang tot water. Of die middeljarige man wat wil leer lees en skryf. Net so is die kind naby die Angolese grens wie se reg op onderwys aangetas word omdat daar nie 'n skool naby is nie, 'n aanklag ingevolge ons hoogste wet.
Die Grondwet is 'n durende proses.
En dit is die burgerlike samelewing se plig om die regering voortdurend hieroor tot verantwoording te roep.
Rapport, 10 Februarie 2019
Eskom: Word Cyril dalk SA se Thatcher?
Die belangrikste doen-dinge op pres. Cyril Ramaphosa se wenslys is items wat hy liewer sal wil uitstel tot ná die verkiesing op 8 Mei.
Op daardie uitstel-lys is die verkleining of “hersamestelling” van die staatsdiens, soos hy dit Donderdagaand in sy staatsrede genoem het. Nog een is die verkleining van die kabinet. En dan natuurlik die lelike p-woord in ons politiek: privatisering.
Donderdagaand se aankondigings berei die weg vir Eskom se privatisering.
Eskom het voor Nersa gesê sy voorspelde verlies beloop R20 miljard.
As die regering nie ingryp by Eskom nie, word die kans elke dag groter dat hy uiteindelik hoed in die hand by die Internasionale Monetêre Fonds sal moet gaan staan.
En dit wil Ramaphosa tot elke prys keer.
Die enigste probleem is die tydsberekening vir die geveg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie