Lewenslange tronkstraf ná moord op tiener
’n Meisie (13) se lyk is in ’n halfvoltooide huis op Hentiesbaai gevind ná sy in 2014 verkrag en vermoor is.
’n Inwoner van Hentiesbaai, Jandre Jacques de Klerk, wat verlede jaar skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op ’n 13-jarige meisie, is in die hoërhof in Windhoek tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die 29-jarige De Klerk het Rachel Vanessa Boois op 4 Mei 2014 verkrag en vermoor en haar halfnaakte lyk is in ’n halfvoltooide huis op die kusdorp gevind.
De Klerk is op 22 November verlede jaar skuldig bevind. Hy is vandeesweek gevonnis op vier klagte, een van moord met die doel om te moor, een van verkragting, een van inbraak en een van lykskending.
Op die klag van moord is De Klerk tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Vir die klag van verkragting is hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en tot vyf jaar vir die inbraak in die huis waar die slagoffer gelê en slaap het. Vir die skending van haar lyk is hy 12 jaar se tronkstraf opgelê.
Lewenslange tronkstraf in Namibië behels ’n minimum van 25 jaar agter tralies.
Volgens wet moet die gevangene die helfte van sy of haar vonnis uitdien voor hy of sy vir parool in aanmerking kan kom.
“Dit is ’n algemene verskynsel dat geweld teen kwesbare vroue en meisies in die land nou buite beheer is. Dit is daarom gepas dat die oortreders van hierdie misdade baie beslis gestraf word,” het regter Albert Siboleka tydens vonnisoplegging gesê.
Getuienis wat tydens De Klerk se verhoor voorgelê is, het gewys De Klerk het Boois se mond en neus toegedruk en haar sodoende versmoor. Met die aanvang van die verhoor het De Klerk aanvanklik skuld op alle klagte teen hom ontken en by monde van sy prokureur, mnr. Titus Mbaeva, gesê hy het voor Boois se dood op ’n datum wat hy nie kan onthou nie, seks met haar gehad.
Die staat is in die verhoor deur die adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie