Lewenslange tronkstraf vir Khmer Rouge-leiers
Kambodja se Verenigde Nasies-gesteunde hof in Phnom Penh het gister die lewenslange gevangenisstraf van twee top voormalige Khmer Rouge-leiers vir misdade teen die mensdom gehandhaaf.
"Broeder Nommer Twee" Nuon Chea, 90, en die voormalige staatshoof, Khieu Samphan, 85, was die eerste topleiers wat tereggestaan het, vir ‘n bewind wat tussen 1975 en 1979 vir die dood van tot twee miljoen Kambodjane verantwoordelik was.
Hulle het vroeër appèl teen hul lewenslange vonnisse aangeteken en die Verenigde Nasies-gesteunde spesiale hof wat hulle verhoor het, van partydigheid beskuldig.
Kong Srim, die hooggeregshof se senior regter, sê die paar het “’n totale afwesigheid van begrip vir die uiteindelike lot van die Kambodjaanse bevolking” getoon en bygevoeg dat die skaal van hul misdade “massief” was.
Die tribunaal wat hulle verhoor het, is ‘n komplekse hibriede hof aan die buitewyke van Phnom Penh, wat elemente van internasionale en plaaslike wetgewing kombineer.
Die twee se skuldigbevinding volg na twee jaar se verhoor wat gefokus het op die nagenoeg 2 miljoen mense wat uit Phnom Penh verdryf is na arbeidskampe in landelike gebiede en die moord van honderde vyandige soldate by een van die grusaamste plekke van teregstelling.
Nuon Chea en Khieu Samphan is ook die onderwerpe van ‘n tweede verhoor vir volksmoord van etniese Viëtnamese en Moslem-minderhede, gedwonge huwelike en verkragting.
Die tribunaal het gemengde welslae gehad. Ondanks die brutaliteit van die Khmer Rouge, het oorlewendes nog net ‘n handjievol oortreders gesien wat voor die hof gedaag is. Baie sleutelleiers is dood sonder dat hul in die hof verskyn het, insluitende “Broeder Nommer Een” Pol Pot, wat in 1998 dood is. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie