Lewis Hamilton kry kritiek u00e9n lof
Lewis Hamilton kry kritiek u00e9n lof

Lewis Hamilton kry kritiek én lof

Motorsport
Tielman van Lill
Vir al die opskrifte wat “anargie” geskreeu het, het Lewis Hamilton se openbare verset teen sy span, Mercedes, in die Abu Dhabi Grand Prix straks die lippe meer laat aflek vir 2017 se Formule Een-reeks.

Toto Wolff, Mercedes se spanbaas, wou nie sê of die span Hamilton gaan straf of nie. Die Britse renjaer het Sondag alles in sy vermoë gedoem om sy spanmaat, Nico Rosberg, se wêreldtitel-aanslag te ondermyn.

Wolff het toegegee dat hy nie heeltemal seker is oor wat om te doen nie. Die Oostenryker sê hy sal gaan slaap oor die omstredenheid, maar het ook gewonder of daar nie ''n saak te maak is om die jaers eerder meer vryheid te gee nie.

Dit ná ''n jaar wat Mercedes heeltemal oorheers het met 19 oorwinnings in die 21 wedrenne en 20 wedrenne waar sy jaers in die eerste plek weggespring het.

Terwyl sommiges mense Hamilton se strategie veroordeel het, het andere sy plan om die wedrenne stadiger te maak geloof nadat dit gelei het tot ''n senutergende laaste Grand Prix van die seisoen.

Met Rosberg. wat slegs derde moes eindig om die titel te wen, in die tweede plek, het Hamilton al hoe stadiger in die eerste plek begin ry in ''n poging dat die jaers agter Rosberg hom verby steek.

“Baie geluk aan Lewis Hamilton vir sy fokus op die titel, wat ons met brandende broeke tot die laaste ronde gehou het,” sê Damon Hill, die wêreldkampioen in 1996.

Christian Horner, grootbaas van die Red Bull-span, wat nie kans laat verby gaan om Wolff by te kom nie, sê hy het niks minder van Hamilton verwag nie dat Mercedes “naïef” was om Hamilton te vra om vinniger te ry. Die Brit het dié instruksies geïgnoreer.

“Ek dink Hamilton wou ons almal nader aan mekaar bring en ek sou waarskynlik dieselfde gedoen het,” het die red Bull-jaer Max Verstappen gesê. “Jy moet alles probeer om ''n wêreldtitel te wen.”

Rosberg sê hy sien albei kante van die argument.

“Dit is baie maklik om die span se kant te sien. Maar aan die ander kant, verstaan mens Lewis se aksies. Dit is vir die wêreldtitel.”

Hamilton het op sy beurt gesê hy het niks verkeerd gedoen nie.

“Ek glo nie ek het iets onregverdig gedoen nie. Ons baklei vir die titel. Ek was voor, ek beheer die pas. Dit is die reëls.”- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!