Lewis in sy skik met Bottas
Lewis in sy skik met Bottas

Lewis in sy skik met Bottas

Motorsport
Andrew Poolman
Lewis Hamilton, driemalige Formule Een-wêreldkampioen, het Mercedes se besluit verwelkom om Valtteri Bottas as sy spanmaat aan te stel, sê Toto Wolff, spanbaas.

Wolff het ook sy hoop uitgespreek dat daar vanjaar minder vuurwerke tussen Mercedes se bestuurders sal wees.

Bottas het by Mercedes vanaf die Williams span aangesluit om Nico Rosberg se skoene vol te staan. Rosberg het in Desember, slegs dae nadat hy sy eerste wêreldtitel verower het, uit die sport getree.

“Ons het reeds voor Kersfees met Lewis oor Valtteri gesels. Hy het gesê dat Valtteri 'n gawe ou is, een van die mense met wie hy baie goed oor die weg kom en dat hy 'n goeie opsie vir Mercedes kan wees,” sê Wolff. Volgens Wolff sal die dinamiek by Mercedes vanjaar anders wees, omdat Hamilton (32) en Bottas (27) uiteenlopende persoonlikhede het.

“Ek dink dit werk goed. Dinge was oukei tussen Nico en Lewis, maar daar was bagasie van die verlede. Hierdie is 'n nuwe verhouding en daar is geen vyandigheid uit die verlede nie.”

Hy het toegegee dat daar “moeilike oomblikke” sal wees.

“Ek dink dit gaan 'n goeie situasie vir die span wees, en dalk een wat makliker is om te hanteer as in die verlede. Maar ek kan verkeerd wees.”

Hamilton en Rosberg, wat mekaar sedert hul kinderdae ken, se eertydse vriendskap het ysig geraak en spanning binne die span veroorsaak.

Mercedes het geen besonderhede van Bottas se kontrak bekend gemaak nie, maar luidens berigte is dit vir een jaar.

Wolff het bygevoeg dat hoewel hul die Fin se langtermynpotensiaal raaksien, hulle hul opsies moet oophou. Groot name soos Sebastian Vettel en Fernando Alonso se kontrak by hul span verstryk aan die einde van die seisoen.

“Ons sou nie vir Valtteri gekies het as ons nie gedink het hy was goed genoeg nie, maar die mark vir renjaers is baie dinamies en hy verstaan dit.” – Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!