Lühl laat spore van optimisme in die stof
Selfs in sielsvernietigende droogte is vierings gehou om gemoedere te lig.
Tanja Bause
Dordabis moes onlangs 'n geliefde boer en gemeenskapsleier groet.
Mnr. Hans-Peter Lühl, eienaar van die plaas Garib, waar 'n gasbottelontploffing verlede jaar die lewe van 10 mense geëis het, is op 23 Julie ná 'n stryd teen kanker dood.
Hy word deur sy vrou, Frauke, vier kinders en vier agterkleinkinders oorleef.
Lühl is in die weke waartydens hy emosionele en praktiese ondersteuning aan die brandslagoffers en hul naasbestaandes gegee het, met kanker diagnoseer.
Lede van die Dordabis-boerevereniging onthou Lühl se kreatiewe, humoristiese en byna speelse benadering tot die lewe se uitdagings.
In die donker tye van die droogte was sy oplossing en verweer om 'n groot “droogtepartytjie” te hou om die gemoedere te lig en om “ons siele te versterk om ook hierdie hindernis te oorkom”.
Lühl is op 2 Julie 1950 gebore. Hy was die vierde van ses kinders van me. Ursula en mnr. Hans-Joachim Lühl. Die liefdevolle en stimulerende omgewing op die plaas Garib en van die skool en koshuise op Swakopmund en in Windhoek sou die fondasie lê vir 'n lewe vol moed, nuuskierigheid, asook 'n aktiewe betrokkenheid in verskillende velde.
Saam met sy hoërskoolliefde, me. Frauke Frey, vertrek Lühl ná skool, in die sewentigs, na Duitsland om hier te gaan studeer. In 1975 keer hulle na Namibië terug, tree in die huwelik en gaan bly op Garib. Vier kinders word uit die huwelik gebore - Frieda, Jule, Hendrik en Phillip.
In die laat tagtigs word die Intressengemeinschaft Deutschsprachiger Südwester (IG) en Namibia Peace Plan 435 (NPP 435) gestig. Die stigters sluit die Lühl-egpaar in, wat besef het dit was tyd vir verandering. Hulle wou ook 'n bydra tot die nuwe Namibië maak.
Lühl was egter nie iemand wat in die politieke kollig wou wees nie, maar hy het altyd die noodsaaklikheid van dialoog en versoening beklemtoon. Garib en die Lühls het die gashere van verskeie informele vergaderings geword. Dit het ook die stigtersvergadering van 'n politieke party in die laat tagtigs op die plaas ingesluit.
Die egpaar het egter nie aan een spesifieke ideologie of party behoort nie, maar oop gebly vir insette en immer gevra of 'n spesifieke benadering régtig die lewens van alle Namibiërs gaan verbeter.
Lühl het diversiteit gekoester en gesê: “Die ervaring en begrip van diverse lewensvorme en die natuur se verbeelding het my baie geleer. Ek het geleer om te verstaan daar is groot krag en energie verborge in diversiteit - veral met betrekking tot sosiale, politieke en ekonomiese vrae. Dit lyk my eenheid lei nie tot krag nie, maar eerder tot diversiteit.”
Tydens die laaste jare van sy lewe het Lühl en sy vrou deur moeilike tye gegaan en in 2014 neem sy dogter Jule en haar man, Sigurd Hess, die bestuur van die plaas oor. Hy het egter steeds met raad bygestaan wanneer dit nodig was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie