Liberale partye seu00ebvier in Europese verkiesing
Liberale partye seu00ebvier in Europese verkiesing

Liberale partye seëvier in Europese verkiesing

Die Britse kiesers het weens hul teleurstelling in die Konserwatiewe Party se onvermoë om Brittanje uit die EU te lei na die Brexit-party gestroom.
Die groot middelregse en middellinkse blokke in die Europese parlement het as gevolg van groter steun aan die liberale partye, die Groenes en nasionaliste, hul gesamentlike meerderheid verloor.

Die middelregse European People’s Party (EPP) bly die grootste blok en sal na verwagting ’n pro-EU-koalisie vorm, berig The Guardian.

Die Liberales en Groenes het ’n goeie verkiesing gehad, terwyl die nasionaliste lyk of hulle Italië en Frankryk gaan vat.

In die verkiesing in Frankryk vir die Europese parlement het Marine Le Pen en haar party, Rassemblement National (RN), op ’n golf van nasionalistiese sentiment ’n oorwinning oor pres. Emmanuel Macron se La République En Marche! (LREM) behaal, berig Reuters.

Le Pen het 5,3 miljoen stemme en Macron 5,1 miljoen behaal. Volgens die indeling van die Europese parlement sal hulle elk 23 sitplekke hê.

In Engeland het die Konserwatiewe Party van Theresa May en Jeremy Corbyn se Arbeidersparty ’n groot pak deur Nigel Farage se Brexit-party, die grootste wenner saam met die Liberale Party, gekry.

Die Britse kiesers het weens hul teleurstelling in die Konserwatiewe Party en die amptelike opposisie, die Arbeidersparty, se onvermoë om Brittanje uit die EU te lei na die Brexit-party gestroom.

BREXIT ONDERHANDELINGE

Partye wat hul onverwyld uitgespreek het as pro-EU – die Liberale Demokrate, Groenes en Verander Brittanje – is gesamentlik net ’n paar persentasiepunte agter Farage se party, volgens Reuters.

Farage, wat tot lid van die EU vir die suidooste van Engeland verkies is, het gesê hy wil nou ook by Brexit-onderhandelinge betrokke wees. Hy het gewaarsku dat die Britse politiek op die keerpunt van ’n groot opskudding staan as daar nie teen 31 Oktober ’n Brexit is nie.

“As ons nie teen daardie tyd uit is nie, sal die uitslag wat julle vandag vir die Brexit-party gesien het, herhaal word in ’n algemene verkiesing in Brittanje en ons maak ons reg daarvoor,” het Farage gesê.

Dié drag slae sal vir die Konserwatiewe Party se lede wat May ná haar bedanking as premier verlede week wil opvolg, ’n teken wees dat hulle moet opskud om uit die EU te kom.

DRUK OP ARBEIDERSPARTY

Dit sal ook druk plaas op die Arbeiders om duideliker op ’n tweede referendum aan te dring.

“Hierdie saak sal moet teruggaan na die mense, of deur ’n openbare verkiesing of deur ’n openbare stemming,” het Corbyn gesê.

Vir die Franse se Macron is die vraag of sy tweede plek sy ambisie dat Frankryk Europa moet lei, benadeel gaan word.

Hy staan teen Manfred Weber van Duitsland se middelregse EPP-groep as die hoofkandidaat om die EU-president te word en ondersteun Frankryk se Michel Barnier, die EU se hoof-Brexitonderhandelaar.

Macron beplan om ’n middelalliansie met liberale pro-Europese partye te vorm, ’n blok wat op die oomblik ALDE genoem word maar sy naam kan verander.

Die groep se leier, Guy Verhofstadt, sê Macron sal hom by hulle aansluit. Die blok sal dan die derde sterkste wees en potensieel ’n “koningmaker” in die parlement deur sy stem te gee waar hy goeddink. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!