Liberië se nuwe president vra buitelandse beleggings
Die voormalige sokkerster George Weah sal later die maand in ‘n nuwe posisie aantree – die keer as president van sy geboorteland, Liberië.
Liberië se aangewese president, George Weah, het Saterdag in sy eerste openbare toespraak sedert sy verkiesing voornemende beleggers die versekering gegee dat sy land “oop en gereed vir sake” is en ‘n beroep op Liberiërs in die buiteland gedoen om huis toe te kom.
Die voormalige internasionale sokkerster het by sy party, die Koalisie vir Demokratiese Verandering, se hoofkantoor gepraat waar hy belowe het om korrupsie die stryd aan te sê.
Weah het verlede Dinsdag se tweede ronde verkiesings met 61,5% van die stemme gewen. Sy teenstander, visepresident Joseph Boakai, het 38,5% van die stemme op hom verenig.
Liberië, ‘n land wat deur bevryde Amerikaanse slawe tot stand gebring is, het vir die eerste keer in meer as 70 jaar ‘n demokratiese oordrag van mag ervaar nadat die land se Ellen Johnson Sirleaf, wenner van die Nobelprys vir vrede, die tuig neergelê het.
Sirleaf, Afrika se eerste vrouepresident, het haar land op die pad na herstel geplaas na herhaaldelike burgeroorloë. Tydens haar bewind is die land ook deur ‘n dodelike uitbreking van Ebola geteister.
"Twee dae gelede het die wêreld gesien hoe ek huil, nie omdat ek gewen het nie, maar vir diegene wat hul lewe in die stryd vir verandering verloor het,” het Weah gesê.
Hy het ook hulde aan Sirleaf gebring en haar die “Ystervrou van Afrika” genoem. Hy het beloof om voort te bou op die institusionele vordering wat haar administrasie te weeg gebring het.
Weah het ook hulde aan Boakai gebring en hom as ‘n “staatsman en buurman” beskryf.
Die stempersentasie met die tweede verkiesingsronde was laag, maar Weah het oorweldigende steun van jonger kiesers gekry, wat die meerderheid van Liberië se bevolking van 4,6 miljoen uitmaak.
Weah se lewensverhaal van armoede tot welvaart is ‘n inspirasie vir baie ondersteuners wat hom "King George" noem.
In sy toespraak het Weah egter geen melding gemaak van hoe hy van plan is om die land se ekonomiese probleme die hoof te bied of werkloosheid te verlig nie.
Tydens sy roemryke sokkerloopbaan het hy onder meer vir Monaco, Paris Saint-Germain, Milaan, Chelsea, Manchester City en Marseille gespeel. In 1995 is hy as Fifa se speler van die jaar aangewys en het ook die Ballon d’Or-toekenning ontvang. In 1996 is hy as Afrika se sokkerspeker van die eeu aangewys.
Hy sal op 22 Januarie ingehuldig word. – Nampa/AP/ Wikipedia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie