Liberiërs by stembus
Burgers van Liberië het pas na hul Kersfeesvieringe reguit gisteroggend na die stembus gegaan om aan hul presidensiële verkiesing deel te neem. Sowat 2,2 miljoen stemgeregdigdes se keuse is tussen die 51-jarige voormalige sokkerster en senator, George Weah, en die voormalige visepresident vir 12 jaar, Joseph Boakai (73). Hier staan kiesers in 'n ry by 'n stempunt in die hoofstad, Monrovia. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie