Libiu00eb trek twee van IS vas
Libiu00eb trek twee van IS vas

Libië trek twee van IS vas

NAMPA
Twee lede van die Islamitiese Staat-groep (IS) wat 'n motorbomaanval in die Libiese hoofstad, Tripoli, beplan het, is Maandag aangekeer, het die land se ministerie van binnelandse sake gesê.

“Nadat hulle agtervolg en hul bewegings gemonitor is, is twee verdagtes in hegtenis geneem. Hulle het erken hulle is lede van IS,” het die ministerie op sosiale media gesê.

Beeldmateriaal op Facebook wys hoe die twee IS-lede erken hulle het 'n motorbomaanval in die hoofstad beplan.

Hulle het die bom na aan Tripoli se nywerheidsgebied probeer plant.

Die bom het ná twee pogings nie afgegaan nie en hulle is in hegtenis geneem.

Hulle het ook erken hulle het uit die noordelike stad, Benghazi, gevlug nadat pogings ook misluk het om veiligheids- en militêre teikens in Al-Drebi te bombardeer.

Saterdag het die Libiese veiligheidsmagte 'n ploftoestel by 'n mark in Al-Drebi onskadelik gestel.

Ondanks IS se nederlaag in die noordelike stede, Benghazi en Sirte, gaan voortvlugtige terroriste steeds voort om motorbomme en selfmoordaanvalle in dié Noord-Afrikaland uit te voer.

In Oktober verlede jaar is aanval op 'n hofkompleks in Misurata-stad, ongeveer 190 km oos van Tripoli, uitgevoer waarin drie veiligheidspersoneellede dood is.

– Nampa/Xinhua

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!