Libiese kuswag onderskep migrante
Libië
Die Libiese kuswag het honderde migrante, onder wie vroue en kinders, op die Middellandse See onderskep.
Die kuswag sê drie bote is Sondag gestop voordat dit Libië se gebiedswater aan die westelike distrikte en stede Zuwara, Sabratha, en Ras Ajdir na aan Tunisië kon verlaat.
Die eerste boot het 98 migrante aan boord gehad en is na aan die kus van Zuwara onderskep. Die meeste was Arabiese burgers van Algerië, Tunisië en Marokko.
Die tweede boot, wat naby Sabratha gestop is, het 114 migrante aan boord gehad. Een het verdrink en een word vermis.
Die derde boot, met 97 migrante, is na aan die Janzour-gebied van Tripoli onderskep.
Libië word gereeld deur migrante wat van armoede en konflik in Afrika in die Midde-Ooste wegvlug, as roete na Europa gebruik. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie