Libiese regeringsmagte vorder teen IS
Libiese regeringsmagte vorder teen IS

Libiese regeringsmagte vorder teen IS

Estelle de Bruyn
Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat-groep (IS) in die stad geteiken het.
Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte die lewens van vyf soldate geëis het. Sewentien ander is gewond.
Die regering in Tripoli het in Mei ‘n operasie van stapel gestuur om Sirte te herower, wat sedert Junie 2015 deur die djihadiste beheer word.
Die val van die kusstad, ongeveer 450 kilometer oos van Tripoli, sal ‘n reuseslag vir IS wees, wat ook terugslae in Sirië en Irak beleef.
Maandag het die hoof van die eenheidsregering, Fayez al-Sarraj, pro-regeringsmagte in Misrata, 190 kilometer noordwes van Sirte, besoek.
Meer as 300 lede van die pro-regeringsmag is reeds dood en meer as 1 500 gewond sedert die aanvang van die stryd om die herowering van Sirte.
Die magte bestaan grootliks uit milisies van die weste van Libië, Hulle het in 2011 tot stand gekom tydens die opstand wat die bewind van die diktator, Moeammar Ghaddafi, omvergewerp het. Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!