Lichtenstrasser: Derde borgaansoek misluk
Lichtenstrasser: Derde borgaansoek misluk

Lichtenstrasser: Derde borgaansoek misluk

’n Dubbele moordbeskuldigde se aansoek om borgtog is Woensdag geweier.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur en adjunkdirekteur, mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in April 2019 doodgeskiet het, se derde aansoek om borgtog is Woensdag van die hand gewys.

Mnr. Ernst Lichtenstrasser (60) het sy aansoek op nuwe feite geskoei wat die impak van Covid-19 op sy verhoor en sy geestesgesondheidsprobleme ingesluit het.

Volgens Lichtenstrasser ly hy aan slaapverlies en angs en sien hy weekliks 'n sielkundige en het die pandemie talle kere sy verhoor vertraag. Hy voorspel dat dieselfde in die toekoms sal gebeur indien hy nie borgtog toegestaan word nie.

Regter Claudia Claasen het beslis dat die staat ’n sterk saak teen Lichtenstrasser het en dit ’n aspek is wat sedert sy vorige twee aansoeke nog nie verander het nie. Dit is daarom steeds ’n risiko dat hy op die vlug kan slaan indien hy op borgtog vrygelaat word, het Claasen beslis.

Die regter het ook beslis dat borgtog nie in openbare belang sal wees nie.

Lichtenstrasser staan tereg op twee aanklagte van moord, twee aanklagte vir die besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie, die besit van ammunisie sonder ’n lisensie, diefstal en een klag van regsverydeling.

Hy het onskuldig gepleit op al agt klagte teen hom en sy verhoor is tans aan die gang in die hoërhof in Windhoek en sal op 14 Maart hervat.

Daar word beweer dat Lichtenstrasser voor die skietvoorval 'n paar jaar lank op Nimt se Tsumeb-kampus in diens was en hy ontevrede was oor ’n besluit deur die direkteure om hom na die Keetmanshoop-kampus te stuur.

Hy het na bewering vanaf Otavi, waar hy woon, na die Arandis-kampus gery en die twee mans in ’n koeëlreën voor Nimt se gebou doodgeskiet voordat hulle met hul werksdag kon begin. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!