Lichtenstrasser: Forensiese kenners getuig
Lichtenstrasser: Forensiese kenners getuig

Lichtenstrasser: Forensiese kenners getuig

Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat daarvan beskuldig word dat hy twee Nimt-direkteure in 2019 doodgeskiet het, se DNS-spore is glo op bewysstukke gevind.
Kristien Kruger
Stefan Noechel – “Daar het julle dit. ‘n Onskuldige man lewenslank toegesluit en dit terwyl die verhoor nog aan die gang is.”

So het die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Josef Lichtenstrasser, gesê nadat regter Christie Liebenberg die verhoor Vrydag tot Maart 2022 verdaag het.

Lichtenstrasser staan tereg op die moorde van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur, mnr. Eckhart Mueller (72) en sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig (60), wat op die oggend van 15 April 2019 in ’n koeëlreën op die Arandis-kampus gesterf het.

Die forensiese wetenskaplike me. Maryn Swart, wat destyds die hoof van die DNS-navorsingsafdeling van die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS) was, het op die laaste dag van die verhoor vanjaar getuig.

DNS-TOETSE

Swart het in Februarie 2020 die klere wat Lichtenstrasser op die dag van die moorde gedra het, die pistool met die holster wat in die woestynsand buite Arandis begrawe is en ander bewysstukke by die NIFS-laboratorium vir DNS getoets.

Volgens die DNS-toetsuitslae wil dit voorkom asof spore van Lichtenstrasser se DNS op die bewysstukke gevind is.

Lichtenstrasser se prokureur, mnr. Albert Titus, het Swart verskeie kere tydens kruisondervraging gevra of die DNS op enige manier besmet kon word.

“Dis baie onwaarskynlik, aangesien sekere toetse sou toon of die DNS-deppers besmet was,” het Swart geantwoord.

Volgens haar het die forensiese wetenskaplikes en die polisie deeglik en foutloos gewerk.

Behalwe vir minimale vergissings en onder die bestaande omstandighede van materiële beperkings, is alle bewysstukke volgens die standaard prosedures versamel.

Titus het ook gevra of uiterse weerstoestande soos humiditeit, UV-lig en hitte ’n invloed op die DNS kon gehad het en Swart het bevestig dit is moontlik, maar dat goeie DNS-materiaal op al die bewysstukke verkry kon word wat geïdentifiseer is.

BALLISTIESE KENNER

Staatsaanklaer me. Antonia Verhoef het verlede week ‘n ballistiese kenner, mnr. Abel Nyambe, van die NIFS as getuie geroep.

Volgens Nyambe het hy verskeie bewysstukke op 4 Junie 2019 van ’n ondersoeker van Nampol ontvang.

Hy was verantwoordelik vir die afneem van die bewysstukke volgens Nampol se protokol. Hy moes ook fotoplanne van die ballistiese bewyse saamstel.

Nyambe was glo nie teenwoordig of betrokke by die toetse op die ballistiese bewyse nie. Dit was glo deur ‘n ander ballistiese kenner en Swart uitgevoer.

Nyambe het getuig ses pistole en een rewolwer is as bewysstukke ingedien.

Een van die pistole is ‘n 9 mm-vuurwapen wat die polisie kort ná die voorval in die woestyn buite Arandis gevind het.

‘n .22-pistool is ook een van die pistole wat as bewysstuk ingedien is.

Lichtenstrasser is op 16 April 2019 in hegtenis geneem weens die onwettige besit van ammunisie vir ’n .22-kaliber.

Die moordverhoor hervat op 14 Maart volgende jaar.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!