Lichtenstrasser ontken NIMT-moorde

'n Gewese instrukteur in pas- en draaiwerk op Tsumeb se dubbele moordverhoor het gister in die hoërhof begin.
Ronelle Rademeyer
Hofverslaggewer – ’n Gewese werknemer van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (NIMT) het gister in die hoërhof in Windhoek heftig ontken dat hy die hoof en onderhoof van dié opleidingsinstituut presies 22 maande op kort afstand op die kampus op Aradis doodgeskiet het.

Die 59-jarige mnr. Ernst Josef Lichtenstrasser het voor regter Christie Liebenberg in die hoërhof in Windhoek skuld ontken op die twee klagte van moord en ses ander klagte wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie asook regsverydeling deurdat hy na bewering die 9 mm-rewolwer daarna in die woestyn begrawe het.

NIMT se uitvoerende direkteur, mnr. Eckhart Mueller (72), en sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig (60), het het vroeg die oggend van 15 April 2019 in ’n koeëlreën op die kampus gesterf.

Benewens dié klagte, het Lichtenstrasser ook ontken dat hy onwettig ’n vuurwapen en ammunisie aan ene Immanuel Angula verskaf het.

Lichtenstrasser hom op sy swygreg beroep, maar wel deur sy regsverteenwoordiger, mnr. Albert Titus, heftig ontken dat hy Mueller en Hellwig geskiet en hul dood veroorsaak het.

Hellwig se vrou, me. Sabine Hellwig, het gister in haar getuienis bevestig dat Lichtenstrasser inderdaad as ’n instrukteur by NIMT indiens was en dat hy ten tye van die moorde opleiding gegee het in pas- en draaiwerk by dié instituut se werkwinkel op Tsumeb.

Sy het aan die hof gesê sy was by die kampus op Arandis in diens en het was hoof van die biblioteek, maar het ook in sekere vakke klas gegee.

Sy het getuig Hellwig is die oggend om 06:00 deur Mueller by hul huis op Swakopmund opgelaai. Sy het ‘n rukkie later saam met ander kampuspersoneel in ‘n bussie na Arandis vertrek.

Op pad daarheen het een van haar kollegas ‘n oproep ontvang, maar sy het nie geweet waaroor dit gehandel het nie.

Toe hulle by die kampus aankom, was die hoofgebou afgesper.

Mueller en Hellwig is met hul aankoms die oggend op die kampus op kort afstand voor die ingang van die opleidingsentrum doodgeskiet.

Me. Antonia Verhoef, adjunk-aanklaer-generaal, het gister ook vir mnr. Peter van Eeden, die einaar van ‘n plaas tussen Tsumeb en Otavi, geroep om te getuig.

Hy het aan die hof gesê hy ken vir Lichtenstrasser en dat hy al by die skietbaan op sy plaas kom skiet het.

Die verhoor duur vandag voort. Lichtenstrasser is in aanhouding.


FOTO’s
Die moordtoneel destyds voor die Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) op Arandis. Mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, Nimt se hoof en adjunkhoof is op 15 April 2019 op die kampus doodgeskiet.

Mnr. Ernst Lichtenstrasser, die Arandis-moordverdagte, in die hoërhof verlede jaar toe hy 'n stryd gevoer het oor die tipe regshulp wat hy wou hê. FOTO ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!