Lichtenstrasser vra weer vir borg

Die vermeende moordenaar van twee NIMT-werknemers in April 2019 se nuutste aansoek om borgtog is uitsluitlik op nuwe inligting gegrond.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Mnr. Ernst Lichtenstrasser se formele aansoek om borgtog het Woensdag in die hoërhof in Windhoek begin.

Die staat beweer hulle het 'n sterk saak teen hom wat kan bydra tot die waarskynlikheid dat hy sal vlug indien borgtog aan hom toegestaan word.

Lichtenstrasser het na bewering Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (NIMT) se uitvoerende direkteur en adjunkdirekteur, mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in April 2019 op die kampus doodgeskiet.

Dis sy derde aansoek om borgtog en word slegs op nuwe inligting gegrond.

Lichtenstrasser het Woensdag die getuiebank ingeneem en gesê as gevolg van sy finansiële posisie kan hy net N$15 000 vir borgtog betaal.

Lichtenstrasser se nuwe gronde vir sy vrylating op borgtog is die impak wat Covid-19 op sy saak het – hy voorspel dat dit in die toekoms tot verdere vertragings sal lei – asook sy geestesgesondheid wat sedertdien sy inhegtenisneming drasties versleg het.

Volgens Lichtenstrasser ly hy aan slaapverlies en angs en sien hy weekliks 'n sielkundige. Hy glo borgtog kan sy geestesgesondheid verbeter.

Hy het ook aan regter Claudia Claasen gesê hy en sy vrou het voor sy inhegtenisneming beplan om met 'n gesin te begin en die feit dat hy in aanhouding is, maak dit onmoontlik.



STAAT HET GLO STERK SAAK

Volgens die staatsaanklaer, adv. Antonia Verhoef, het twee kundiges – wat reeds in die hoofverhoor getuig het – bevestig die vermeende moordwapen het Lichtenstrasser se DNS op gehad.

Lichtenstrasser het gesê hulle gaan hierdie getuienisse en die ballistiese en DNS-toetsresultate tydens die verhoor betwis.

“Dis 'n sterk saak teen jou en daar is 'n groot moontlikheid dat jy skuldig bevind kan word en dit dra by tot die waarskynlikheid dat jy sal vlug,” het Verhoef gesê.

Verhoef meen die kans is nou groter vir Lichtenstrasser om te vlug as tydens sy vorige aansoeke om borgtog wat van die hand gewys is.

Hy beweer die staat het nie 'n sterk saak teen hom nie, omdat hulle op geen ooggetuies kan staatmaak nie en hulle geen bewyse van kruit of bloedspatsels op sy klere kon vind nie.



VERHOOR HERVAT OP 14 MAART

Volgens sy getuienis sal hy – indien borgtog toegestaan word – terugkeer na sy huis in Otavi en sal hy aan enige borgtogvoorwaardes voldoen.

“Ek woon stapafstand van die polisiekantoor en sal bereid wees om drie keer per dag daar aan te meld.”

Lichtenstrasser se hoofverhoor sal op 14 Maart in die hoërhof in Windhoek hervat.

Die borgtogaansoek is gister afgehandel met Verhoef wat haar finale argumente afgesluit het. Geen verdere getuies is geroep nie. Uitspraak sal op 2 Februarie gelewer word.

[email protected]

FOTO’s
Die dubbele moordbeskuldigde mnr. Ernst Lichtenstrasser tydens sy borgtogaansoek in die hoërhof in Windhoek. Foto’s Stefan Noechel

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.89 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.26 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 662.09/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.49/BBP DOWN -0.023 | Platinum US$ 990.67/OZ UP +0.24% #N/A