Lidmaat van Living Waters-kerk sterf
‘n Lidmaat van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, het Maandag 17 September in die Katutura- staatshospitaal gesterf.
Me. Ndaifanwa Ndamunonghedna Ashipala (30) was een van die kerk se lidmate wat in Augustus deur die Namibiese polisie ondervra is.
Die polisie het ingetree ná bewerings van onreëlmatighede by die kerk en klagtes van familielede wat nie hul kinders daar in die hande kon kry nie.
Lidmate was besig met ? aand lange bidsessie en die kerkhekke was gesluit om onderbrekings te verhoed, het die stigter van die kerk, mnr. Jacques Kanyemesha Sumpi, gesê. Hy is ook deur die polisie ondervra, maar nooit in hegtenis geneem nie. Geen klagte is tot dusver teen hom ingedien nie.
Verskeie lidmate was destyds hospitaal toe geneem vir behandeling teen longontsteking weens inaseming van onbekende stowwe.
Hoofinspekteur Christina van Dunem Dafonsech van die Namibiese polisie het die dood bevestig en gesê Ashipala het nooit haar mediese behandeling voltooi nie, maar die hospitaal verlaat om na haar gesin terug te keer. Sy het by die gesinswoning siek geraak waarna sy terug hospitaal toe geneem is.
Die polisieondersoek na die voorvalle by die kerk duur voort, volgens Van Dunem Dafonsech.
Foto: Die toneel by die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, toe die polisie in Augustus daar ondersoek gedoen het. Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie