Lidmate siek ná 'genesing'
Die ondersoek na die omstrede pastoor Jacques Sumpi duur voort.
Augetto Graig
Verskeie mense wat hul heil by 'n gewilde kerk in Katutura probeer vind het, het in die hospitaal beland.
Volgens hoofinsp. Christina van Dunem Dafonsech van die Namibiese polisie moes 13 van die 15 kerklidmate wat Sondagaand in Katutura aangehou is, behandeling by 'n hospitaal ontvang.
Sy het gesê die meerderheid van dié lidmate ly aan longontsteking weens oorsensitiwiteit, wat ontsteking van die longe as gevolg van die inaseming van vreemde stowwe behels.
Emmers fyn sand en bottels olie wat oënskynlik vir “genesing” gebruik is, is in die Fountain of Living Waters Ministries-kerk in Freedomland in Katutura gevind.
Dít ná die polisie Sondagaand daar toegeslaan het en geweld moes gebruik om te verseker die hoofpastoor gee sy samewerking.
Die polisie se optrede volg op klagtes van bekommerde familielede wat nie kontak met hul naastes kon maak nie.
Die polisie het 'n 21-jarige man in 'n skeepsvraghouer, wat in 'n blyplek omskep is, op die perseel gevind.
Die jongman het in die vraghouer weggekruip, het Dafonsech gesê.
Lang bidsessies, gereelde vastye en beperkte blootstelling aan die buitewêreld was algemeen by dié kerk.
Die stigter van die kerk, mnr. Jacques Kanyemesha Sumpi, bekend as JKS, het gereeld oor die hemelvaart, dissipelskap en aanspreeklikheid voor God gepreek.
Sy webtuiste bespreek die kerk se wegraping, wat Sumpi glo ná 40 dae en nagte se vas op 'n berg “gesien” het.
Nampa berig Sumpi beweer die polisie is waningelig en doen 'n heksejag op sy bediening.
“Dit is soos iets wat hulle al jare lank voorberei het, want elke polisiebeampte wat hier kom, vertel reeds 'n storie. Dit lyk of hulle weet wat hulle doen,” het hy Maandagoggend gesê.
Sumpi, wat van die Demokratiese Republiek die Kongo afkomstig is, ontken hy het kerklidmate sonder hul toestemming ontvoer.
“Absoluut niks gebeur hier nie, ons is net 'n kerk van die Here,” het hy gesê.
Hy erken wel dat lede soms in die kerk oornag wanneer daar tydens 'n “vastydperk” gebid word.
Dié tydperke duur jaarliks van Julie tot die eerste week van Augustus, het hy gesê.
Intussen is Sumpi sedert Sondagaand onder polisiebewaking, hoewel Dafonsech nie wou sê waar nie.
Sy is versigtig om inligting uit te lap wat die polisie se ondersoek in die gedrang kan bring, het sy gesê.
Polisiebeamptes was gister nog werksaam by die afgesperde kerkperseel in Dr. Kenneth Kaundastraat.
Geen klagte is tot dusver teen Sumpi aanhangig gemaak nie.
Die ondersoek het Maandagoggend met die ondervraging van lidmate voortgegaan, en volgens Dafonsech is lidmate Maandagaand met hul families herenig.
Me. Nancy Nyambe, 'n familielid van 'n kerklidmaat, het aan Republikein gesê hulle was baie bekommerd oor haar broer, die 23-jarige mnr. Patrick Nyambe.
Nyambe was in die kerk bekend as Peter en het in die afgelope maande vir dae aaneen by die kerk tuisgegaan. Hy het familielede se foonoproepe dikwels nie beantwoord nie en as hy sou antwoord, was dit in 'n fluisterstem, vertel sy.
“Gister, toe ek met hom praat, was dit nie dieselfde seun wat ek ken nie,” het Nyambe gesê.
“Iemand wat so aggressief is en teëpraat. Hulle is almal so aggressief,” het sy gesê.
“Daar is 'n probleem hier. Ons wil hom uit die kerk kry, maar ons weet nie of hy sal instem nie. Hierdie kinders word mislei.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie