Lied bring hoop vir albino's
Lied bring hoop vir albino's

Lied bring hoop vir albino's

Tanja Bause
Die Ondersteuningsgroep vir Albino's in Namibië (Sinasra) het 'n spesiale kinderliedjie, "Song of Hope", opgeneem om bewustheid vir mense met albinisme te skep.

Die liedjie en video sal eersdaags amptelik bekend gestel word om 'n positiewe boodskap deur die land te versprei.

Leerlinge van die Laerskool Michelle McLean en die skool vir kinders met gesigsgestremdhede het "Song of Hope" saam met die bekende kunstenaar, Dolar Yves, opgeneem.

Yves het die liedjie saam met Chris Winsemius van Sesame Street geskryf.

Op die liedjie kan die stemme van die Laerskool Michelle McLean se koor saam met Yves gehoor word, terwyl die voormalige Namibiese skoonheid en entrepreneur, Michelle McLean-Bailey, die video se inleiding behartig het.

Volgens Sinasra het elkeen wat by die maak van die video en die liedjie betrokke was, hul tyd, talent en hulpbronne gratis gedeel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!