Lied onder die sterre weer op Omaruru
Aan die unieke karakter van die Kunsroete word nie getorring nie.
Des Erasmus - Musiek onder die sterre gaan een van die hoogtepunte van die jaar op Omaruru wees. Klassieke, ligte klassieke en konsertmusiek gaan uit die bedding van die magtige Omarururivier opklink tot waar die kranse van die Erongoberge antwoord gee.
Twee konserte gaan in die breë loop van die rivier aangebied word wanneer die jaarlikse Kunsroete op 30 en 31 Augustus en 1 September 2018 aangebied gaan word. Ook sterre van internasionale aansien gaan by die twee geleenthede skitter met onderhandelinge met die kunstenaars wat reeds 'n kontrakstadium bereik het.
Me. Tinkie Cornelissen, van die organiseerders, het vroeë besonderhede verstrek van die feesgety wat vanjaar onafhanklik en onder sy eie vaandel vaar nadat wasdom in sy tiende bestaansjaar bereik is.
Steuringsvrye klank in die oopte van die landskap was een van die redes vir 'n terugkeer na die rivierbedding waar Mel Botes van Suid-Afrika twee jaar gelede die ster tydens so 'n eerste simfoniekonsert was. Ook vir Botes was dit 'n eerste.
Cornelissen sê die Kunsroete word vanjaar byna 'n maand vroeër as in die verlede gehou toe dit gewoonlik in die tweede helfte van September gehou is. Die vroeëre datum val binne die skoolvakansie om dit geriefliker vir die duisende besoekers te maak.
Die einde van Augustus is ook 'n voorspringaksie op die hittegolwe wat in September al probleme geskep het in die aantog tot die jaarlikse groot reënseisoen.
Aan die unieke karakter van die Kunsroete word nie getorring nie. Die opening gaan die aand van 30 Augustus weer, soos verlede jaar, 'n belewenis wees wanneer by die langste feestafel in die land in die middel van Omaruru in die buitelug aangesit gaan word. Verlede jaar was die tafel op die werf van die Central Hotel 70 m lank.
Die middae van 31 Augustus en 1 September gaan weer aan teater afgestaan word.
Op die dorp self gaan weer saamtrekpunte ondersteunend tot die fees wees met die gevierde kafdraf (hay ride) wat weer deur trekkers met sleepwaens vir besoekers aangebied gaan word. Ook aan die buitewyke van die dorp gaan die ingeburgerde plaasmark weer op 1 September op die plaas Zanja, sowat 5 km met
'n goeie pad langs, aangebied word.
Cornelissen sê huisvesting vir al die feesgangers was in die verlede al 'n probleem met die talle gasteplase en toeristeherberge in die omgewing wat jaarliks vol stoot.
Dit noodsaak vroeë besprekings, maar vir 'n dak oor die kop wil die organiseerders vanjaar ook 'n plan maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie