Lied van verlossing uit pandemie gebore
Yandi du Plessis
Trevor Malgas, 'n gospelsanger en Namibiese boorling, maak môre sy toetrede tot die internasionale musiekmark met sy eerste enkelsnit, “Jesus Red My”.
Dié oud-Windhoeker sê sy geboorteland en grootwordjare in Namibië, en bowenal sy geloof, bly vir hom 'n bron van inspirasie.
Die gospelkunstenaar het sy debuutenkelsnit in Johannesburg opgeneem, waar hy tans saam met sy gesin woon.
Met dieselfde toewyding en ywer waarmee hy sedert sy kinderdae saam met gospelgroepe optree, en as deel van die Nasionale Jeugkoor van Namibië die gehore op wêreldtoere bekoor het, het hy hierdie projek aangepak.
Hy vertel die lied is gedurende die Covid-19-pandemie gebore, “in 'n seisoen toe tyd en gesondheid ons grootste bate was. Covid-19 het ons baie duur lesse kom leer, waarvan die belangrikste is dat ons gesonde verhoudings met ander en met ons Skepper moet handhaaf.”
Trevor sê vir hóm is dit meer as net 'n lied, “dit is 'n boodskap dat Christus red en verlos. Die prys wat Hy op Golgota betaal het, was vir jou en vir my.”
“Jesus Red My” word môre op alle digitale platforms vrygestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie