'Lied vir Windhoek' Sondag by Plaza
'Lied vir Windhoek' Sondag by Plaza

'Lied vir Windhoek' Sondag by Plaza

Dani Booysen
Axali Doëseb, die komponis van Namibië se volkslied, sal in 'n orkes saam met vriende hierdie Sondag ook deelneem aan die 500ste herdenking van die ­Hervorming wat in die Namibies­e hoofstad plaasvind.

Twee uur van vermaak sal ná die afsluitingsdiens in die Sam Nujoma-­stadion vanaf 17:00 by Windhoek se UN Plaza aangebied word. 'n Koor van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal saam met die orkes optree. “Song for Windhoek” sal in die styl van die bekende “We are the World” uitgevoer word.

• Skakel Axali by 081 303 3588 vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer