Liedjie bring hoop vir albino's
Liedjie bring hoop vir albino's

Liedjie bring hoop vir albino's

Henriette Lamprecht
Sinasra, 'n liefdadigheidsorganisasie wat albino's in Namibië ondersteun, het 'n musiekvideo genaamd "Song of Hope" bekend gestel.

Die liedjie skep bewustheid van albinisme in Namibië. Ongeveer 750 Namibiese albino's is reeds by Sinasra geregistreer.

Die organisasie is aanvanklik deur die oogkundige Stuart Super as 'n Rotariërprojek begin.

Danksy 'n genetiese gebrek produseer albino's nie melanien nie. Melanien is 'n belangrike pigment in die vel, hare en oë.

Albino's is ook dikwels gesiggestrem wat, afgesien van hul voorkoms, veroorsaak dat hulle diskriminasie en stigmatisering ervaar. Sinasra verskaf onder meer gratis mediese hulp aan albino's by Windhoek se sentrale hospitaal, asook beskermende drag, sonroom en spesiale teleskopiese brille. Vir meer besondere oor die spesiale video en dienste wat Sinasra bied, besoek hul webtuiste by www.sinasra.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!