Lief vir sjokolade? Hier's jou droomwerk
Lief vir sjokolade? Hier's jou droomwerk

Lief vir sjokolade? Hier's jou droomwerk

Vida Booysen - Die Ferrero-maatskappy, vervaardiger van Nutella, adverteer 'n droomwerk vir die liefhebbers van hierdie sjokoladesmeer.

Die maatskappy is op soek na tot 60 nieprofessionele sjokoladeproewers om hul produkte op die proef te kom stel.

Dit sal die eerste keer wees dat Ferrero gewone mense as sogenaamde “sensoriese beoordelaars” inspan en dit volg kort op die hakke van 'n soortgelyke advertensie vroeër vanjaar deur Mondelez, vervaardiger van Cadbury's en Oreo, vir sjokoladeproewers. Die advertensie het duisende aansoeke laat instroom.

Die 60 nuwe Nutella-proewers sal vir twee dae 'n week in die maatskappy se hoofkantoor in Alba, 'n voorstad van Piedmont in Italië, moet werk, volgens die webtuiste The Local Italy.

Hulle gaan onder meer verskillende bestanddele, insluitende kakao en haselneute moet proe en beoordeel, terwyl hulle ook die produk in sy verskillende stadia gaan proe.

Voorheen het Ferrero die proeëry aan sy interne personeel oorgelaat, maar dit lyk of die maatskappy nou kandidate van buite soek.

Die 60 uitverkorenes sal teen die einde van September 'n drie maande lange betaalde opleidingskursus in Italië ondergaan waar hulle volgens die werksadvertensie opgelei sal word om hul sin van geur en smaak te ontwikkel en om in woorde uit te druk wat hulle ruik en proe.

Hierna sal die beste 40 kandidate 'n kontrak as 'n deeltydse proewer kry.

Volgens die advertensie is geen vorige ondervinding nodig nie, buiten dat jy moet weet hoe om 'n rekenaar te gebruik. Mense wat aan voedselallergieë ly, hoef egter nie aansoek te doen nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!