Liefdadigheid baat by liefdadigheid
Tanja Bause - In Augustus het ’n berig in Noorderlig verskyn oor die San-vroue op Grootfontein wat ’n naaldwerkprojek begin het om ’n inkomste te genereer. Dié vroue maak al hul produkte met die hand en hulle het ’n versoek aan Namibiërs gerig vir die skenking van naaimasjiene.
Eerw. Edward Amadhila van die Tov-sentrum op Tsumeb, wat bystand bied aan wees- en kwesbare kinders wat deur MIV/vigs geraak is, het die berig gelees en besluit om ’n nuwe industriële naaimasjien aan hulle te skenk. Tov het dié masjien by Tulimevava Fishing ontvang, maar kon dit nooit gebruik nie en het dus besluit om dit aan iemand te skenk wat dit wel sal nuttig vind.
“Ons is self ’n nie-regeringsorganisasie. Omdat ons nie die masjien gebruik nie, het ons dus besluit om dit aan die San-vroue te skenk. Hulle kan die naaimasjien gebruik om hul produkte vinniger te maak en te verkoop. Hulle kan ook meer vroue by die projek insluit en sodoende die lewensomstandighede van vele ander mense verbeter,” het Amadhila gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie