Liefdadigheid seëvier
’n Organisasie wat kinders en hul naasbestaandes in informele nedersettings ondersteun, het onlangs ’n borgskap van Plastic Packaging ter ondersteuning van hul Covid-19-verligtingsfonds ontvang.
In die krisistyd waarin die land tans verkeer word die Namibiese samelewing deur die coronavirus beïnvloed en nuwe behoeftes en uitdagings het ontstaan.
Dít geld veral in die informele nedersettings waar kinders, gesinne en kleuterskole wat deur S.P.E.S Charity ondersteun word, geleë is.
S.P.E.S Charity is ’n niewinsgewende organisasie wat reeds 14 jaar by gemeenskappe in informele nedersettings in Windhoek betrokke is. Die organisasie ondersteun 25 kleuterskole en ongeveer 1 700 kinders en 80 onderwysers in die gebiede. Die organisasie wil ’n beter toekoms vir die kinders en jongmense skep.
Die kinders bly in omstandighede wat deur armoede, mishandeling en verwaarlosing oorskadu word en te midde van die pandemie is dit duidelik hoe min hulpbronne en ondersteuning werklik tot hul beskikking is.
S.P.E.S Charity het ’n Covid-19-verligtingsfonds gestig wat spesifiek aangewend sal word vir die ondersteuning van kinders, gesinne en kleuterskoolonderwysers wat deel van die program is. Die fonds is op die fondament van die organisasie se doelwitte gestig, naamlik die voorsiening van onderrig en basiese behoeftes vir die kinders, sowel as dié van hul gesinne en onderwysers.
Plastic Packaging besef hoe noodsaaklik bydraes tot dié verligtingsfonds is. As deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid teenoor Namibiërs, het hulle plastieksakke vir die verspreiding van kos en skryfbehoeftes geborg, asook die drukkostes van opvoedkundige materiaal gedek. So stel hulle die S.P.E.S-kinders in staat om hul onderrig-programme tydens die inperking voort te sit.
Plastic Packaging het ‘n beroep op ander ondernemings en individue gedoen om dié liefdadigheidsorganisasie te ondersteun, aangesien fondse voortdurend benodig word.
Vir meer inligting, besoek die S.P.E.S Charity-webtuiste by www.spescharity.com of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie