Liefde in die tyd van corona
My apologieë aan Gabriel García Márquez en sy cholera. Maar as 'n voortslepende corona immer aan jou nuusdeur klop en jy moet rat verwissel van fiksie na niefiksie, dan wel, gryp jy na die naaste virus vir inspirasie. Of dan nou na Kristoffer. Kristoffer van Noorweë wat regtig bly is hy het my op 'n aanlyn hoekie vir eensames en kersopsitters raakgeloop.
Kristoffer is 51 en van Noorweë, vir vyf jaar al wewenaar, het 'n dogter met die naam Erika, is 'n chemiese ingenieur, het 'n goeie sin vir humor en is 'n goedhartige Christen. Kristoffer wil sy “hart op my lê vir 'n sterk verhouding”. Nou maar reg so. Al wat hy wil doen, sê Kristoffer, is om my gelukkig te maak en met baie liefde te bederf. Báie, báie liefde het hy om te gee, beloof hy.
En wat is nou 'n groter versugting as juis dit? Ek moet groot asseblief ook vry en ongedwonge voel om op sy boodskap te reageer en dan natuurlik met hom verder daaroor te kommunikeer. Want kommunikasie is baie belangrik in 'n ernstige verhouding, so het Kristoffer besluit. Kristoffer was ook so gaaf om twee foto's van hom aan te heg. Getakseer op sy baadjie lyk Kristoffer asof hy ten minste in twee reekse van The Bachelor sy verskyning gemaak het.
Of model speel vir duur manspakke en duikhorlosies. Kristoffer lyk ook mooi genoeg om op 'n bank se webtuiste saam met 'n mooi vrou en 'n mooi kind en 'n mooi hond (verkieslik 'n labrador) gebruik te kan word vir persoonlike lenings vir 'n gesin van drie se eerste huis. Selfs vir iets soos 'n sooibrandmiddel of medisyne wat jou pH-balans kan herstel. Jy kry die prentjie. Kristoffer is mooi, vol liefde en “geen virus” is in sy boodskap gevind nie.
Kristoffer is buiten die mooiste ook die “makste” penvriend of moontlike pasmaat wat al in my boksie beland het.
Chanel no. 5 hou daarvan om mayonnaise-en-peanutbotterbroodjies in die reën te eet. As ek my beet rou verkies, Kilimanjaro se kruin al gehaal het, graag, gereeld en met oorgawe sweet en natuurlik 'n paar nommer vyf-skoene dra, moes ek vir hom skryf. Genadiglik het my peanutbotterbroodjies stroop op.
Vrolike Vettie erken hy is 'n “ontstellend oorgewig” man wat rekenaarspeletjies baie ernstig opneem en beslis nie 'n bul is wat van die vloer af eet nie. VeeVee soek my verkieslik “uurglas en lenig” in kunsleer en gewillig om die fantasierol van Dumbo die langoorolifantjie al swewend met 'n sweefstok tussen twee geboue iewers bo 'n kolkende rivier vol glimmende dolfyne uit te beeld.
Of so iets. Nie dat die glimmende dolfyne of die kunsleer my afgesit het nie. Meer dat die een wat antwoord op sy skrywe “effens” bereid moet wees om hom met sekere “basiese liggaamsfunksies” te help.
In die tyd van corona blaas jy niemand se neus nie. Of draai sy doekies om nie. Sies, man.
BlouMoord beskryf homself as 'n vrolike vinkie op soek na 'n nessie geweef met takkies vol liefde en kameraadskap en spikkeleiers. En beloof wanneer hy volgens hom hoog in die takke en op liefde is, is sy hande om jou kloppende keel die laaste ding waaraan hy dink.
Hy belowe dit met sy hand op 'n tak. Hy het nou wel 'n ding vir laaste asems, maar reken daar is 'n kans jy sal 'n aandjie saam met hom oorleef. As jy die kans wil waag, stuur 'n e-pos aan iwon'[email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie