Liefde langs die Eersterivier
Liefde langs die Eersterivier

Liefde langs die Eersterivier

Jacqueline Louw
Hierdie omnibus is ’n same­stelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.
Tussen jazz en rock
Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar ná ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.
Anderkant liefhê
Martha en Hans ken mekaar al lank, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te “loud” vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen.
Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.
Sonder bagasie
Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê; al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.
Vir solank as wat Elsa Winckler kan onthou, lees sy liefdesverhale en toe sy die klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James en die Brontë- susters tydens haar honneursstudies “ontmoet” het, was dit soos om huis toe te kom. Om self ’n liefdesverhaal te probeer skryf, was ’n logiese volgende stap.
Liefde langs die Eersterivier (ISBN: 9780799378467) is deur Lapa Uitgewers vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!