Liefdesdriehoek steel kollig
Liefdesdriehoek steel kollig

Liefdesdriehoek steel kollig

Krieket
Die broer van die Australiese krieketspeler Usman Khawaja het Dinsdag in die hof in Sydney verskyn omdat hy na bewering ’n mededinger in ’n liefdesdriehoek by vals terreuraanvalle geïnkrimineer het.

Arsalan Khawaja (39) is in ’n ondersoek deur Nieu-Suid-Wallis se terrorisme-eenheid in die Australiese hoofstad in hegtenis geneem. Hy het na bewering voorgegee dat sy teenstander in die liefde, Mohammad Kamar Nizamdeen (25), aanvalle op invloedryke mense beplan. Dit het tot Nizamdeen se inhegtenisneming gelei.

Khawaja het Dinsdag in die landdroshof op ’n aanklag van dwarsboming van die gereg verskyn. Borgtog is aan hom toegestaan. Die staat voer aan dat hy ’n vals dokument met planne vir terreuraanvalle opgestel het. Die dokument het in Augustus tot die inhegtenisneming en vervolging van Nizamdeen gelei. Hy is egter weer in Oktober vrygelaat nadat bewys is dat dit nie sy handskrif op die dokument is nie.

Die dokument lui dat aanvalle op Malcolm Turnbull, die voormalige eerste minister, en ander gesiene mense beplan word. Mick Willing, assistent-polisiekommissaris, sê wat met Nizamdeen gebeur het, is ’n groot jammerte. Volgens hom is dieselfde persoon wat die dokument opgestel het, ook daarvoor verantwoordelik dat Nizamdeen geïnkrimineer is.

“Dit was ’n opsetlike poging om hom skuldig te laat lyk.”

Willing sê die bedrogspul is glo veroorsaak deur ongelukkigheid oor ’n vrou wat ’n verhouding met albei die mans gehad het. Volgens die polisie was geen van die dreigemente uitgevoer wat Khawaja glo in die dokument versin het nie. Hy is slegs twee dae voordat sy broer, Usman, vir Australië in die eerste toets teen Indië in Adelaide moet speel, in hegtenis geneem.

Die sportman sê in ’n verklaring dat die saak teen sy broer ’n kwessie vir die polisie is.

“Uit respek vir die proses sal dit onvanpas wees van my om iets verder te sê. Ek vra net dat my privaatheid en dié van my familie gerespekteer word,” het Khawaja gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!