Liefdestaal van Kapana
Jeanette Diergaardt
’n Liefdesverhaal tussen twee mense met ’n titseltjie reënboog.
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) gaan vandag die fliek Kapana by Ster Kinekor in die Grove Mall-inkoopsentrum bekend stel.
“Ons leer mense om hulle ware self te wees en om eerlik in hulle verhoudings te wees.” So verduidelik Philippe Talavera, die regisseur van Kapana.
Die hoofrolle word deur Adriano Visagie (as George) en Simon Hanga (as Simeon), as ’n verliefde paartjie, vertolk.
Volgens Talavera handel OYO se temas gewoonlik oor negatiewe aspekte en vir ’n veranderinge gaan hulle ’n positiewe benadering volg om van hierdie ongemaklike kwessies te takel.
Die idee van die romantiese verhaal kom eintlik van akteur en SOTIGUI wenner, Adriano Visagie. Ironies genoeg het die gesprek oor ’n romantiese fliek begin terwyl Philippe en Adriano op pad Lagos, Nigerië toe was met die verfilming van die rolprent Salute, wat ook oor ’n soortegelyke tema handel.
“Ons hoef nie altyd te sê dit is ’n liefdesverhaal tussen twee vrouens of tussen twee mans nie. Dit is net ’n liefdesverhaal”
So sê Adriano oor die fliek en Talavera deel ’n soortgelyke opinie.
Kapana word deur ViiV Healthcare, ‘n farmaseutiese maatskappy wat spesialiseer in die ontwikkeling vir MIV-terapie geborg. Volgens Talavera sê dit het omtrent N$500 000 gekos om die fliek te vervaardig. Senga Brockenhoff en Mikiros Garoës het die draaiboek geskryf.
Die bekendstelling sou in die Verenigde Koninkryk by die 2020 Vigsfees plaasgevind het, maar is toe virtueel uitgesaai.
By die bekendstelling sal CD’s by Ster Kinekor beskikbaar wees. Die span tref nog reëlings om die fliek gedurende Augustus op die groot skerms te speel. Die publiek kan ook na die OYO-kantore toe gaan om CD’s te koop. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie