Lig aan einde van tonnel vir SA vervaardiging?
Die vervaardiging van metale en basiese yster- en staalprodukte, asook van motors en motoronderdele, het die grootste bydrae tot groei in die buurland gelewer.
William Horne – Vervaardiging – ’n sektor wat die afgelope ruk in trurat beweeg het – het die tweede kwartaal van 2019 baie vinnig begin.
Die sektor se volume produksie het in April op ’n jaargrondslag met 4,6% gegroei, die snelste groei sedert Junie 2016.
Die vervaardiging van metale en basiese yster- en staalprodukte, asook van motors en motoronderdele, het die grootste bydrae tot die groei gelewer.
Tussen Maart en April het produksie met 2,8% gegroei, ook die sterkste in jare.
Daar was egter ook slegte nuus. In die drie maande tot einde April het produksie met 1,1% teenoor die voorafgaande drie maande gedaal.
Die syfers is die eerste groot aanduiding van hoe die ekonomie die tweede kwartaal begin het. Klein-, groot- en motorhandelsyfers en mynbouproduksie, alles vir April, word oor die volgende week uitgereik.
Dit kom nadat die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal met 3,2% ingekrimp het. Vervaardiging se inkrimping was 8,8%.
April se syfer was vier keer meer as wat ontleders voorspel het.
Die land se drie grootste vervaardigingskategorieë het gesonde verbetering voorgesit in April:
· Kosproduksie: 3,3%-jaargroei
· Yster- en staalproduksie: 9,4%
· Petroleum-, chemikalie-, rubber en plastiekproduksie: 1,7%
· Motors en onderdele: 18,6%
Gesamentlik het dié subsektors se verbetering 4,4 persentasiepunte se groei bygedra tot die jaargroei van
4,6% in vervaardigingsproduksie.
Op kwartaalgrondslag is petroleum- en chemikalieproduksie die grootste probleem. Dit het met 4,5% ingekrimp, wat 1,1 persentasiepunte tot die kwartaallikse daling in vervaardigingsproduksie bygedra het.
Die April-styging kan bes moontlik ’n tydelike opflikkering wees.
Verlede week het Absa se aankopebestuursindeks vir Mei weer eens geval, tot 45,4 punte.
Dié indeks is ’n aanwyser van bestellings, voorraadvlakke en ander maatstawwe van hoe gesond vervaardiging is. Enige punt onder 50 dui op ’n inkrimping.
Die PMI was laas in Desember bo 50, wat op ’n moontlikheid van voortdurende verbetering en groei sou dui. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie