Lig flikker in Covid-tonnel
Lig flikker in Covid-tonnel

Lig flikker in Covid-tonnel

Die komende week of twee sal leer of Namibië besig is om ‘n derde golf van infeksies onder beheer te kry.
Dani Booysen
Dani Booysen – Dinsdag het gemiddelde nuwe gevalle van Covid-19 per dag na ‘n sewedaegemiddeld van 1 399 verminder.

Op 27 Junie was die syfer 1 827.

Gemeet oor sewe dae toon die infeksiekoers egter nog nie ‘n noemenswaardige afname nie. Gemiddeld is 42% van toetsuitslae, of meer as vier uit tien, steeds positief – nie veel laer nie as die maksimum van 44% op 24 Junie en weer aan die einde van die afgelope maand.

Die enkele hoogste positiwiteitskoers was 57% op dieselfde dag. Saterdag was die ratio opnuut 49%.

Die hoogste gemiddeld tydens die pandemie se tweede golf was 28%, met uitskieters van 33%, 36% en 37% per dag tydens die kruin.

DISTRIKTE

Windhoek se sewedaggemiddeld was Dinsdag 332 nuwe gevalle per dag teenoor 722 ‘n week tevore. Dit is meer as die helfte minder. Die week voor dit was die hoofstad se daaglikse gemiddeld in een stadium 804.

Die prentjie kan nietemin in ‘n oogwink verander.

Die Gobabis-distrik se gemiddeld het van meer as 100 kort gelede tot 35 gevalle per dag afgeneem en die van Rehoboth van 66 tot 26.

Afnames is ook bespeurbaar in die distrikte van Eenhana, Outapi, Onandjokwe, Okakarara, Swakopmund, Usakos, Okahandja en Keetmanshoop.

Omtrent ewe veel distrikte toon egter steeds toenames in verspreiding. Oshakati se gemiddeld het oor 21 dae toegeneem van 82 gevalle per dag tot 122 en nou 144. Katima Mulilo se gemiddeld het van 19 tot 57 gevalle per dag toegeneem.

Otjiwarongo se gemiddeld het tydens die laaste sewedagsiklus van 36 tot 66 gegroei. ‘n Soortgelyke tendes ontwikkel in die Mariental-distrik, waar die gemiddeld van 21 tot 39 toegeneem het.

Gevalle op Opuwo het van vier tot 20 per dag vervyfvoudig.

Toenames word ook ervaar in die distrikte van Engela, Oshikuku, Okahao, Omuthiya, Outjo, Khorixas, Omaruru, Grootfontein, Lüderitz en Karasburg.

Syfers bly redelik konstant in Walvisbaai en Rundu.

STERFTES

Die afgelope Maandag is opnuut 52 sterftes gerapporteer en Dinsdag nog 70. Omtrent die helfte daarvan is uit Junie, wat die maand se totale dodetol tot 795 opstoot. Dit kom neer op 25 sterftes per dag.

In Mei was daar 236 sterftes – meer as drie keer minder.

Julie se sterftes staan nou op 112; 16 per dag. Nuwe syfers kan ook die prentjie vining verander.

Die meeste sterftes op een dag was 48 op 22 Junie. Vir die dag daarna is dusver 42 sterftes opgeteken en nog 42 op 25 Junie.

Gemeet oor sewe dae was die gemiddelde sterftesyfer op 26 Junie 38 per dag. Die syfer het daarna stelselmatig afgeneem en staan tans op 16.

Covid-19 eis meer mans (55%) as vroue, maar uit alle gevalle is die meerderheid vroue (53%).

Agt uit tien van gestorwenes het ook aan ander, ernstige onderliggende siektetoestande gely.

Mense van 60 jaar en ouer verteenwoordig 55% van sterftes. Die ouderdomsgroep van 50 tot 59 maak ‘n verdere 22% van die dodetal uit; gesamentlik dus net meer as ‘n driekwart van die totaal.

Mense in hul veertigerjare verteenwoordig 14% van sterftes en die in hul twintigs en dertigs 8%.

Sterftes onder persone van 19 jaar en jonger maak net 0,8% van die totaal uit. Dit sluit in agt tienderjariges, een kind tussen vyf en nege, een tussen een en vier jaar, en vier babas.

Namibië se kumulatiewe 1 812 sterftes sedert Julie 2020 verteenwoordig 1,8% van positiewe gevalle. Die koers was aanvanklik minder as 1% en vir lank nie veel meer as een uit honderd nie.

Wêreldwyd staan die koers op 2,2%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!