Lig in die tonnel vir ekonomie
Daar is versigtige optimisme dat 2018 ‘n beter jaar vir die ekonomie sal wees as die afgelope twee jaar.
Estelle de Bruyn - Aan die einde van ‘n moeilike jaar is daar uiteindelik lig in die tonnel vir die ekonomie. Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het verlede Woensdag gesê ná negatiewe groei in die eerste en tweede kwartale het dit in die laaste twee kwartale afgeplat en is daar aanduidinge dat die draai na positiewe syfers begin het.
Hy is deur pres. Hage Geingob aan die woord gestel tydens die laaste nuuskonferensie van die jaar by Staatshuis, waar Geingob en sy senior ministers ‘n oorsig oor sommige van die jaar se werksaamhede gegee het.
Volgens Schlettwein het mynbou, in vergelyking met die vorige kwartaal, met dubbelsyfers gegroei. Dieselfde geld vir landbou. In die diensleweringsektor is bedbesetting met 7,5% op en 16% meer streeks- en internasionale passasiers het in die land aangekom.
Hy sê die konstruksiebedryf en hul voorsieningskettings is die swaarste tydens die ekonomiese verstadiging getref. ’n Positiewe aanduiding is dat op Ongwediva, Oshakati en aan die kus, die aantal bouplanne wat goedgekeur is met meer as 10% gestyg het. Windhoek sukkel effens om uit die blokke te kom, maar stadige groei word wel waargeneem.
“Dit alles is net moontlik deur die ondersteuning van die staatsdiens, die private sektor, ministeries en die president. Hierdie breë ondersteuning het ons gehelp om die vrugte te pluk. Ons het ook ‘n stabiele finansiële sektor wat aan verskeie strestoetse onderwerp is. Ons finansiële instansies is veilig, goed gekapitaliseer en winsgewend.
“Ons optimisme is redelik sterk. Die uitdagings wat nou voorlê, is om programme aan te pas om armoede aan te val en om produktiwiteit te verbeter,” het Schlettwein gesê.
Hy het daarop gewys dat staatsondernemings begin het met hersiening vir beter prestasie.
“As ‘n klein bevolking word ons ekonomie deur eksterne faktore onder druk geplaas. Tog het ons daarin geslaag om te verseker dat ons reserwes meer as vyf maande se invoere kan dek,” het hy bygevoeg.
Schlettwein is optimisties daaroor dat 2018 groei en verbetering sal toon.
Hy gee toe uitstaande betalings op rekeninge was moeilik, maar sê die tesourie was in staat daartoe om dit te vereffen.
Hy het ook op belastingbetalers se verantwoordelikheid gewys om hul deel tot die staatskas by te dra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie