Ligte aanvalsvliegtuig stort by Karibib neer
Ligte aanvalsvliegtuig stort by Karibib neer

Ligte aanvalsvliegtuig stort by Karibib neer

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Twee vlieëniers van die Namibiese weermag is in 'n kritieke toestand in 'n intensiewesorgeenheid in Windhoek nadat die uitskietstoele van hulle Karakorum-8, of K-8, Donderdagmiddag kort ná opstyging per ongeluk geaktiveer het.
Dit het tydens 'n oefening by die nuwe lugmagbasis buite Karibib gebeur.
'n Ingeligte bron in die Namibiese lugvaartbedryf het dit aan Republikein bevestig. Inligting oor die vliegongeluk het eers Maandagaand bekend geword aangesien lugmagte nie sulke ongelukke aan die ondersoekspanne van burgerlugvaartowerhede rapporteer nie.
Mnr. Frans Kapofi, minister van verdediging en veterane sake, se selfoon is af en hy kon nog nie telefonies vir navraag hieroor bereik word nie.
Volgens die bron het die uitskietstoele kort ná opstyging geaktiveer en die vlieëniers se valskerms kon nie behoorlik ontplooi nie. Die vliegtuig het 'n ent onbeheersd gevlieg en toe neergestort.
Die K-8 is 'n tweesitplek-opleidingstraler en ligte aanvalsvliegtuig wat in China ontwerp deur China Nanchang vervaardig word.

Foto: Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer