'Ligte brand weer'
NamPower het verseker planne is in plek sodat Dinsdagaand se kragonderbreking wat meer as die helfte van die land in duister gehul het, nie herhaal word nie.
Elvira Hattingh
Kragtoevoer na NamPower-kliënte was teen gistermiddag herstel, terwyl die nasionale kragverskaffer verwag het om ook die Kokerboom-Aries 400 kV-lyn voor die einde van die dag te herstel.
Terselfdertyd het die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, die publiek verseker die situasie is onder beheer, word bestuur en daar sal nie verdere onderbrekings wees nie.
Dit volg ná 'n transformator Dinsdagaand om 23:09 op die lyn geblaas het, wat tot 'n kragonderbreking van langer as 'n uur in die sentrale, noordelike en kusgedeeltes van die land gelei het.
Alle dorpe noord van Windhoek tot teen die kus was in donkerte gehul. Daarteenoor het Gobabis, Rehoboth en die verre Suide die kragonderbreking vrygespring.
Kragtoevoer is in fases herstel, met Windhoek se ligte wat om 00:48 weer gebrand het.
NamPower se raadsvoorsitter, me. Kauna Ndilula, het gister by 'n nuuskonferensie gesê die tyd tussen die onderbreking tot kragtoevoer herstel is, strook met van die beste wêreldstandaarde.
Alweendo het verduidelik 'n transformator het op 'n lyn geblaas, wat elektrisiteit vanaf Eskom in Suid-Afrika aan Namibië voorsien.
“Die oorblywende elektrisiteit wat beskikbaar was, was te min om die hele land van krag te voorsien, wat tot die kragonderbreking gelei het. Binne 'n uur of wat kon NamPower se tegnici elektrisiteitstoevoer begin herstel tot alle NamPower-kliënte weer soos normaal van elektrisiteit voorsien is.”
Alweendo het gesê NamPower het sy personeel na Keetmanshoop gestuur om die transformator so gou moontlik te herstel.
“Ons hoop om vandag nog die kraglyn te herstel,” het hy gister gesê en bygevoeg: “Indien dit nie moontlik is nie, kan ons die publiek verseker ons het gebeurlikheidsplanne in plek om seker te maak ons ervaar nie weer 'n onderbreking soos Dinsdagaand s'n nie.”
Hy het ook gesê NamPower kan nie 'n rede verskaf waarom die transformator opgeblaas het alvorens hul tegniese span se ondersoek nie afgehandel is nie.
Hy het bygevoeg dit is belangrik om die oorsaak vas te stel, hoewel “tegniese toestelle soms bloot breek”.
Op 'n vraag of 'n te groot lading die transformator kon laat opblaas, het NamPower se besturende direkteur, mnr. Simson Haulofu, gesê die onderbreking was na aan middernag, wanneer die lading laag is.
“Piekladings styg tot 600 MW en meer, maar die lading was sowat 480 MW toe die transformator gebreek het. Lading is nie die kwessie nie. Dit is soos 'n motor wat breek, dit gebeur,” het hy gesê.
“'n Goeie ding wat ons by NamPower doen, is om spaar-onderdele vir steutelinstallerings aan te hou. Dit het ons in staat gestel om vinnig reeds te begin om die stukkende onderdele te vervang,” het hy gesê. Daar is verseker die voorval het nie weens beurtkrag plaasgevind nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie