Ligte, kameras, vroue
Jeanette Diergaardt - Vanjaar het Old Mutual se vroueberaad ’n nuwe hoofstuk begin. Old Mutual was op 17 Julie die gasheer van ’n virtuele beraad.
Vanjaar merk die 100ste bestaansjaar van Old Mutual in Namibië en die groep se 175 bestaansjaar in Afrika.
Saksofoonspeler Suzy Eises het die vroue tydens die beraad met melodieuse klanke vermaak. Vanjaar se tema was “Om op te daag” en me. Patty Olivier, die uitvoerende beampte van korporatiewe sake van Old Mutual, het die gesprek geopen.
Olivier het ook ’n blik in die verlede gegee en die rol van Old Mutual beklemtoon in die groei en erfenis wat Old Mutual in pan-Afrikanisme het.
Die paneellede het bestaan uit me. Karin Powell, ’n welvaarts- en kreatiwiteitsafrigter, me. Taimi Iitempu, ’n gegradueerde van Harvard-universiteit, entrepreneur en strateeg van korporatiewe sake. Sy werk tans vir Exxon Mobile en is verantwoordelik vir openbare en regeringsake. Me. Zenzi Awase, is ’n geoloog en stigter van “Women in Mining Association Namibia (WiMAN)”.
Die sleutelspreker was dr. Dambisa Moyo, ’n raadslid van 3m Corporation, Chevron en Conde Nust. Sy is ook die skrywer van vier New York beste boekverkopers.
Me. Afra Schimming-Chase, gesertifiseerde finansiële beplanner, entrepreneur en pilatesinstrukteur het as seremoniemeester by die geleentheid opgetree.
Die paneellede het oor die gebeure in die land – die Covid-19-pandemie en die gruwel van rassisme in die wêreld – uitgebrei.
Moyo het die belangrikheid van die gemeenskap beklemtoon en hoe hulle hul aandag moet skenk om deurlopend te werk en nie hulle aandag deur onbenullighede moet laat aflei nie.
Verder het Moyo oor die ekonomiese en tegnologiese landskap gepraat. Haar boodskap was om die kykers en gehoor te maan om met oplossings vorendag te kom en nie net probleme en tekortkominge te identifiseer nie.
Old Mutual het vernuwing na vroue gebring met hulle negende vrouebyeenkoms en het weer eens bewys niks sal hulle keer om vroue te bemagtig nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie