Ligte strawwe vir wildmisdadigers
Ligte strawwe vir wildmisdadigers

Ligte strawwe vir wildmisdadigers

Francoise Steynberg
Vier wildmisdadigers het ligte vonnisse in Namibiese howe gekry.

‘n Angolees John Emmanuel, ‘n Rwandese burger, Theogen Nkuruziza, en Namibiër Vilho Mwahafa is op 10 Desember 2018 met ‘n lewende ietermagô in hul besit op Otjiwarongo in hegtenis geneem.

Die drie is skuldig bevind en op 21 September elk gevonnis tot ‘n boete van N$8 000 of 28 maande tronkstraf waarvan 1 jaar vir 60 maande opgeskort is.

Hul Angolese medebeskuldigde, mnr. Albino Shipipes, is vrygespreek.

Ietermagogs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld.

By Kamanjab is Namibiër Josef Selvarius Karunga met ‘n luislangvel in sy besit vasgetrek.

Hy is op 28 September skuldig bevind en ‘n boete van N$4 000 opgelê.

Foto ter illustrasie Kelsey Prediger

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!