Ligte vliegtuie wys Uis hoe
Ligte vliegtuie wys Uis hoe

Ligte vliegtuie wys Uis hoe

Vliegkuns
Altesame 27 verskillende ligte vliegtuie uit verskeie dele van die land was laas naweek by die stil vliegveld van Uis byeen, waarvan 16 aan vanjaar se weergawe van die Fly-In vliegkompetisie deelgeneem het.

Die kompetisie op Vrydag en Saterdag waarin vlieëniers reeds die afgelope 14 jaar hul vaardighede kan ten toon stel, is as ’n groot sukses beskryf.

Dr. Henk Koster, ’n ervare vlieënier in presisie en kompetisies, het opnuut ’n paar interessante en prettige kompetisies in navigasie, vaardighede en landings op spesifieke kolle opgestel.

Die suksesvolle reëlings is deur die Lisama-komitee (Light Sport and Amateur-Built Aircraft Association of Namibia) getref. Weersomstandighede was die hele naweek baie gunstig.

Uit die 16 deelnemers het die twee vlieëniers Peter en Harald Keil in hul Cessna C170 as die algehele wenners sake oorheers. In die tweede plek was Michael Tröh en Hilko Marschall (Sling 4), gevolg deur Mike Böttger in sy Van’s RV-8.

Ander pryswenners was:

Mees entoesiastiese vlieënier: Norman Green (Cessna 182).

Wenner van die navigasietoets: Michael Tröh en Hilko Marschall (Sling 4).

Vaardigheidstoets: Mike Böttger (RV8).

Landings in ses kolle: 1 Ingo Hasse (Sling 4), 2 Mike Böttger (RV8), 3 Peter en Harald Keil (C170).

Beste radio-prosedures: Mike Böttger (RV8).

Beste vliegvernuf: Peter Keil (C170).

David Botha het die skare met sy valskermspronge en akkurate landings vermaak.

Ná die amptelike kompetisie het die 4 Aerobatic Nam Boys (Mike Böttger, Matthias Röttcher, Jacques Jacobs en Tinus Dreyer) hul akrobatiese truukvertonings gelewer wat die toeskouers hoendervleis gegee het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!