Likwidasies in buurland meeste in 5 jaar
Nellie Brand-Jonker – Die howe is verlede jaar besig gehou met die meeste likwidasies en insolvensies in vyf jaar, volgens Momentum Investments.
Herman van Papendorp, hoof van beleggingsnavorsing by Momentum, Sanisha Packirisamy, ekonoom, en Roberta Noise, ekonomiese ontleder, sê in ’n verslag dit wys op verlede jaar se droewige saketoestande.
“Sektore wat afhanklik is van verbruikersbesteding het die meeste likwidasies en insolvensies gehad.”
Hulle glo dié ondernemings gaan vanjaar verder swaarkry omdat huishoudings se geldsake nie ’n vinnige ommekeer gaan toon nie.
"Die totale aantal likwidasies en insolvensies het in 2019 tot ’n kommerwekkende vlak gestyg vergeleke met die vorige paar jaar s’n," sê hulle.
Likwidasies het verlede jaar met bykans 11% gestyg van die vorige jaar af.
Altesaam 2 042 ondernemings is in 2019 gelikwideer – die meeste sedert 2014 toe dit 2 064 was.
In 2009 het Suid-Afrika die meeste likwidasies beleef weens die internasionale finansiële krisis toe 4 133 plaaslike ondernemings ondergegaan het.
Die meeste van die likwidasies in 2019 het vrywillig geskied en het 1 784 beloop, die hoogste sedert 2013 se 2 163.
Gedwonge likwidasies het tot 258 gestyg, ook die hoogste in vyf jaar. Die meeste was in November verlede jaar toe 50 ondernemings deur ’n hofbevel gelikwideer is.
Die ondernemings wat Statistieke Suid-Afrika as finansiering, versekering, eiendom en sakedienste gegroepeer het, het die meeste likwidasies gesien met 668.
Dit is gevolg deur ondernemings wat gegroepeer word as handel, spyseniering en verblyf, wat dus restaurante insluit. Hier was daar 457 likwidasies, waarvan 401 vrywillig.
“Hierdie sektore is wesenlik afhanklik van verbruikersbesteding en dit toon hoe broos die saketoestande vir hulle is.”
Van Papendorp en sy kollegas sê kommer oor bekostigbaarheid en streng voorwaardes vir lenings het kredietverskaffings aan huishoudings beperk. “Dit het sektore wat van verbruikersbesteding afhanklik is, verder onder druk geplaas.”
Volgens hulle het die insolvensies van individue en vennootskappe teen November ’n “verbysterende” 2 830 bereik. Dit is reeds 13% meer as die hele jaar van 2018.
Dit is ook die hoogste sedert 2014 se 3 241.
In 2009 is ’n hoogtepunt van meer as 6 000 insolvensies bereik.
“Die bedryfstoestande in 2019 was duidelik van die moeilikste tot dusver gegewe die styging in likwidasies en insolvensies wat toegeskryf kan word aan bedryfskoste wat styg, die voortslepende onsekerheid oor elektrisiteit, gebrek aan aanvraag in die plaaslike mark en ’n daling in internasionale aanvraag.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie