Likwidasies in SA spring met 53% in April
Volgens ’n ekonoom duur ondernemings se stryd om oorlewing voort te midde swak ekonomiese groei, gedempte vraag en beleggings.
Nellie Brand-Jonker – Die getal likwidasies was in April 53% hoër as in die ooreenstemmende maand verlede jaar op 173 likwidasies landwyd – 60 meer as ’n jaar gelede.
Dit bring die getal likwidasies sedert die begin van die jaar op 636 te staan. Dit is 10% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Lara Hodes, ’n ekonoom van Investec Bank, sê ondernemings se stryd om oorlewing duur voort te midde van swak ekonomiese groei wat gekenmerk word deur gedempte vraag en beleggings.
Baie restaurante sluit
Luidens Statistieke Suid-Afrika se data het die sektor handel, spyseniering en akkommodasie, wat restaurante insluit, in April die grootste styging in die getal likwidasies aangeteken.
In dié sektor was daar 41 likwidasies in April, teenoor 21 in April 2018. Die totale getal sedert die begin van die jaar staan nou op 152.
Die grootste getal likwidasies – 49 – kom egter uit die finansiële, versekering-, eiendom- en sakedienstesektor (42 in April 2018). Die totale getal vir die jaar tot einde April is 203.
Die meeste likwidasies in April was vrywillig, maar die 35 gedwonge likwidasies was die tweede hoogste die afgelope jaar.
Die meeste likwidasies die afgelope ses jaar was in 2013, naamlik 2 374. Dit het sedertdien stelselmatig gedaal tot 1 845 verlede jaar.
Sekwestrasies spring ook
Die jongste data toon ook die getal individue en vennootskappe onder finale sekwestrasie in Maart. Ook hier was daar ’n skerp styging van 30% tot 229 vergeleke met 176 in Maart 2018.
Volgens Hodes was die getal sekwestrasies in die eerste kwartaal 29% hoër as in die vergelykende tydperk, ’n aanduiding van die swak stand van Suid-Afrikaanse verbruikers.
“ ’n Merkbare daling in die getal likwidasies en sekwestrasies word nie op mediumtermyn verwag terwyl die vooruitsigte vir ekonomies groei verswak nie.”
Die inligting oor likwidasies word verkry van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) terwyl dié oor sekwestrasies kom van kennisgewings in die Staatskoerant van die meester van die hooggeregshof.
Sekwestrasies toon dieselfde tendens as likwidasies die afgelope jare. Die meeste sekwestrasies was in 2013, naamlik 3 250, waarna dit begin daal het tot die 2 490 verlede jaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie