Likwideer AgriBusDev, vra SA skuldeiser
Terwyl die kabinet opdrag gegee het dat die omstrede AgriBusDev ontbind moet word, vra 'n krediteur vir die likwidasie van dié entiteit.
Ogone Tlhage
Die Suid-Afrikaanse maatskappy AECI Mining and Chemicals het aansoek om die formele likwidasie van die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) gedoen.
Dit omdat laasgenoemde nie die sowat N$3,9 miljoen wat dit aan AECI verskuldig is, kan betaal nie.
Die kabinet het sedertdien opdrag gegee dat AgriBusDev ontbind moet word, met die groenskemas wat op die basis van openbare-private-vennootskappe bestuur moet word.
AECI het krediet aan AgriBusDev toegestaan vir goedere wat gekoop is, met 'n ooreenkoms dat die volle betaling binne 30 dae ontvang sal word, het die maatskappy in 'n beëdigde verklaring gesê.
Indien die betaling nie binne 30 dae ontvang word nie, sal rente van 2% by die uitstaande bedrag gevoeg word.
AECI motiveer hul versoek vir AgriBusDev se likwidasie as volg: “Die eerste respondent [AgriBusDev] is duidelik nie in staat om sy skuld te vereffen nie en daarom is dit regverdig en billik dat dit gelikwideer word.”
AECI en AgriBusDev het 'n ooreenkoms aangegaan waarvolgens die agentskap sowat N$3,9 miljoen sou moes betaal, tesame met rente van 2% per maand op die kapitaalbedrag wat hulle verskuldig is. Dit word bereken vanaf 25 November 2019 tot op die dag waarop die finale betaling gedoen word.
Volgens die beëdigde verklaring is die Etunda- en Sikondo-besproeiingsprojekte en AgriBusDev die geld aan AECI verskuldig.
AgriBusDev en die Sikondo-besproeiingsprojek is verder aanspreeklik vir 'n betaling van N$439 892 asook rente van 2% per maand.
“Altesaam is dus sowat N$4,4 miljoen aan die maatskappy verskuldig. 'n Betaling van sowat N$1,8 miljoen is reeds op 23 Januarie 2020 gemaak, wat beteken sowat N$2,6 miljoen is nog uitstaande, wat die rente insluit, soos ooreengekom,” het AECI gesê.
Daar is ook ooreengekom dat AgriBusDev maandelikse betalings van N$5 000 sal maak tot 30 Junie 2020, maar die agentskap word daarvan beskuldig dat hulle nie dié ooreenkoms nagekom het nie.
PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID
“Gegewe die geld wat [aan AECI] verskuldig is, sal dit roekeloos wees van diegene wat die agentskap se sake bestuur om daarmee voort te gaan. Die direkteure en bestuur [van AgriBusDev] loop 'n risiko om persoonlik aanspreeklik gehou te word vir roekelose en bedrieglike handel, gegewe dat dit 'n voortsetting van [AgriBusDev] sal wees, terwyl dit bankrot is of nie sy skuld kan afbetaal nie,” het AECI gesê.
Die likwidasie sal AECI ook help om vas te stel wat AgriBusDev en wat die regering verskuldig is.
Die Suid-Afrikaanse maatskappy meen dis genoeg gronde vir die likwidasie van die agentskap en om 'n likwidateur aan te stel om die agentskap se sake behoorlik te ondersoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie