• Tuisblad
  • Sport
  • Lindie-Mari en Danicka in slypskool vir toneelspel

Lindie-Mari en Danicka in slypskool vir toneelspel

Twee Tsumeb Gymnasium leerlinge is gekies as aktrises vir ’n reeks ABS kortfilms in Namibië
Mariselle Stofberg
Jeanette Diergaardt

Lindie Mari van Staden en Danicka Nel van Tsumeb het in November verlede jaar ’n reageer op ’n beroep vir Namibiese aktrises en aansoek gedoen vir die ABS kortfilm reeks.

Albei meisies het na die volgende rondte deurgedrink en is gekies om ’n kursus van vier maande by te woon voor die skiet van die kortfilms begin.

Dit was ook nie lank nie, en albei het op 8 Januarie na Windhoek gereis vir ’n vinnige oudisie met die organiseerders, wat die begin van nuwe geleenthede vir hulle sou beteken.

Vir die 17-jarige Danicka was dit nog altyd ’n droom om toneel te speel. “Dit is een ding in my lewe waaroor ek seker is,” sê Danicka. Sy hoop om ook wanneer sy haar skoolloopbaan voltooi het, drama te gaan studeer.

Volgens Lindie-Mari droom sy ook van toneelspeel. “Toe ek dus die geleentheid kry, het ek dit met albei hande aangegryp,” sê die 16-jarige wat nog moet besluit wat sy ná skool wil doen.

Vir die oudisies, het Lindie-Mari self ’n gedig geskryf wat sy vir ’n minuut lank opgevoer het, terwyl Danicka op ’n monoloog besluit het uit ’n lys wat deur ABS verskaf is.

ABS bied die vier maande se aanlynkursus sowel as mentorskap aan vir almal wat die oudisies geslaag het. Volgens Danicka moet hulle weer op 30 Januarie in Windhoek wees om met opleiding te begin.

Die ABS-span gaan nader aan die verfilming van die kortilmfs meer inligting daaroor deel.

Ons susterskoerant Windhoek Express het verlede jaar berig dat die produksie span Namibië gekies het omdat dit “ongelooflik mooi is en soveel potensiaal het,” aldus Antonie Bougas van die ABS.

Volgens die berig gaan verfilming tussen Maart en April plaasvind met bekende akteurs asook Namibiese akteurs en aktrises wat meeste van die rolle gaan vertolk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!