Linosnee van Muafangejo behaal hoogste prys op veiling
Die linosnee Zimbabwe House van die ontslape Namibiese kunstenaar John Muafangejo het nie net die hoogste prys op ’n “hoogs suksesvolle” aanlyn veiling behaal nie, maar dit is ook die meeste wat tot nog toe vir een van sy werke betaal is.
'n Linoleumsnee, ofte wel linosnee, is 'n tekening in linoleum uitgesny, waarvan afdrukke gemaak word.
Zimbabwe House, wat uit 1975 dateer en die kunstenaar se ambisies en stryd uitbeeld, was een van 153 werke in die Orde Levinson-versameling wat deur Strauss & Co opgeveil is.
Die werk verwys onder meer na Orde se ma, Olga Levinson, wat haar in 1943 in Windhoek gevestig het en onthou sal word vir ’n suksesvolle loopbaan as skrywer en beskermvrou van die kunste. Die geldelike bystand wat sy in die 1970’s aan Muafangejo gebied het, is ook in Zimbabwe House te sien.
Strauss-afslaers het boonop geskiedenis gemaak deur die eerste keer ’n veiling van ’n enkele kunstenaar se werk te hou.
Altesame 114 bieërs van ses lande het 76% van die werke gekoop, wat R3,36 miljoen ingebring het.
Volgens die mediaverklaring plaas die verkope Muafangejo in die geselskap van William Kentridge, ’n produktiewe drukkunstenaar wat onder meer linosneë skep. Die hoogste prys vir een sy werke is R455 200 vir sy Big Tree wat 15 bladsye beslaan.
Muafangejo is in 1963 in Angola gebore, het in Namibië skoolgegaan en in Rorke’s Drift in KwaZulu-Natal studeer waarna hy tot sy dood in 1987 in Namibië gewoon het.
Die volgende veiling bied werke van Dumile Feni en Sydney Kumalo, tydgenote van Muafangejo wat mekaar in Rorke’s Drift leer ken het.
Die drie kunstenaars het kort daarna aan ’n uitstalling van kontemporêre Afrika-kuns in die Camden-kunssentrum in Londen deelgeneem, wat baie gedoen het om hul kuns aan ’n ander deel van die wêreld bekend te stel.
Die veiling word van 16 tot 18 Mei gehou. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie