Lions-klub bou eenheid vir bejaardesorg
Lions-klub bou eenheid vir bejaardesorg

Lions-klub bou eenheid vir bejaardesorg

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Dringende behoefte aan die versorging van bejaardes op Hentiesbaai 24 uur per dag het die Lions-klub op die dorp genoodsaak om 'n spesiale eenheid hiervoor op die been te bring.

Volgens mnr. Gert Grobler, president van die Lions-klub op die dorp, ervaar die gemeen­skap in die laaste tyd 'n ­dringende ­behoefte aan meer verblyf vir ­bejaardes wat sorg nodig het.

Die bestaande sentrum op Hentiesbaai is tans oorvol met 'n elle­lange waglys vir bejaardes wat graag hier gehuisves wil word.

Volgens Grobler bestuur die ­Lions-klub op die dorp 'n geruime tyd reeds 'n projek genaamd Nurses on Wheels, wat hulp aan bejaardes verleen wat dit nodig het.

Die doel is ook om bejaardes vir so lank as moontlik die geleentheid te bied om met waardigheid in hul eie huise te woon en hier versorg te word.

“Daar kom egter 'n stadium wanneer hulle 24 uur versorg moet word en hieraan is daar tans 'n dringende behoefte,” het Grobler verduidelik.



GOEDKEURING

Ná maande se beplanning is goedkeuring nou vir die oprigting van 'n bejaardesorgeenheid op die dorp verleen wat teen 'n beraamde koste van N$3,1 miljoen opgerig gaan word. Die sorgeenheid, wat op Erf 25 op die kusdorp opgerig gaan word, sal vier dubbel- en sewe enkelkamers huisves en 15 mense kan akkommodeer.

Die Lions-klub se primêre doelwit is om as diensorganisasie dienste op Hentiesbaai binne die raamwerk van die welsynwet te verskaf. Dié dienste behels onder meer om hulp te verleen waar 'n werklike behoefte bestaan wat nie deur ander organisasies of regeringsinstellings aangespreek word nie. Voorts verleen die klub deur middel van die Chris de Wet- mediese hulpfonds hulp aan diegene wat nie deur familie, mediese skemas of as staats­pasiënte geholpe kan raak nie.

Die klub is ook binne sy finansiële vermoëns by gemeenskapsontwikkelingsprojekte betrokke.

Die besluit oor waar en hoe om betrokke te raak, rus volgens Grobler te alle tye by klublede.

Besluite moet ook met 'n meerderheid stemme op 'n behoorlik saamgestelde ledevergadering geneem word en notules moet daarvan geneem word.

Vir meer inligting oor die beplande sorgeenheid kan Grobler by [email protected] of 064 406 257 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!