Lions Klub Kersfees-kalenders beskikbaar
Verlede jaar het die Lions Klub Alte Feste 2 000 Kersfees-kalenders verkoop en die geld is aan die Skool vir Gehoorgestremdes geskenk.
Vanjaar word 2 500 kalenders te koop aangebied ten bate van die Skool vir Siggestremdes. Sowat N$80 000 is verlede jaar ingesamel en dit is gebruik om ?n heining rondom die Skool vir Gehoorgestremdes te bou en rekenaars is ook vir die skool aangekoop.
Vanjaar se projek word ook deur die Namibiese Optometriese Vereniging ondersteun. Hulle doen gratis oogtoetse op kinders en die Lions Klub dek die brilkoste.
Me. Gisela Bruni (regs op foto), president van die Lions Klub, het die eerste 2010 Kersfees-kalender aan die burgemeester van Windhoek, mnr. Matheus Shikongo (links) oorhandig. Hy het sy dank teenoor die Lions Klub uitgespreek en moedig almal aan om hierdie projek te ondersteun.
Die kalenders word vanaf Saterdag teen N$50 verkoop by Maerua SuperSpar, Rema Tip Top in Toivo ya Toivostraat, Windhoeker Buchhandlung, Maren?s Stuebchen Omaruru en Swakopmunder Buchhandlung.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie