Lions-klub ondersteun kinders met kanker

As deel van die bewusmakingsweek vir kinders met kanker het Hentiesbaai se Lions-klub onlangs kruideniersware en skoonmaakmiddels aan die Chica-fonds oorhandig. Chica is ’n afdeling van die Kankervereniging van Namibië (CAN) wat kinders met kanker steun. Van links is mnr. Jannie Swartz, die president van Hentiesbaai se Lions-klub, me. Celeste de Klerk, ’n verteenwoordiger van CAN op Swakopmund en me. Matty Grobler, die Lions-klub se sekretaresse.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer