• Tuisblad
  • Sake
  • LiquiFruit onttrek sommige van sy appelsapprodukte
LiquiFruit onttrek sommige van sy appelsapprodukte
LiquiFruit onttrek sommige van sy appelsapprodukte

LiquiFruit onttrek sommige van sy appelsapprodukte

Henriette Lamprecht
Pioneer Foods het sekere van sy 100%-appelsapprodukte van die mark onttrek wat onder die LiquiFruit-handelsmerk verkoop word.

Produkte in Namibië en buurlande Suid-Afrika en Botswana word geraak.

Volgens 'n verklaring wat deur Pioneer Foods uitgereik is, is 'n beperkte hoeveelheid appelsap-konsentraat ontvang met verhoogde vlakke patulien. Patulien is 'n natuurlike mikotoksien wat oor die algemeen met appels geassosieer word. Die herroep van die produkte is gebaseer op die teenwoordigheid van dié mikotoksien (patulien) wat 50 dele per miljard (mikrogram/kg) oorskry wat die regulatoriese drempel is.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is patulien 'n mikotoksien, 'n toksiese swamproduk wat deur 'n verskeidenheid swamme vervaardig word en wat dikwels in appels en appelprodukte gevind word. Die WHO sê patulien kan naarheid, braking en diarree veroorsaak.



Dié PRODUKTE

Volgens Pioneer Foods se uitvoerende hoof, mnr. Tertius Carstens, is die besluit as 'n voorsorg­maatreël en met die belange van verbruikers in gedagte geneem.

Die volgende LiquiFruit 100% Clear Apple-produkte word hierdeur geraak: die 250 ml-karton, die 330 ml-blikkie, die 300 ml-blikkie, sowel as die 1 liter-produk. Pioneer Foods het vroeër aan Fin24 gesê net sowat 7 000 gevalle van die produkte word deur die besluit geraak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!