Lisensies vir afrigters op die spel
Sokker
Willy Kapukare, top-instrukteur van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) en die Namibiese Sokkervereniging (NFA), het van 2 tot 13 November ’n afrigterskursus vir die C-sertifikaat op Outapi in die noorde aangebied.
Die kursus was daarop gemik om afrigters met die kundigheid toe te rus om sokker sodanig onder die knie te kry dat hulle junior spelers kan afrig.
Kapukare sê spelers van verskillende ouderdomsgroepe verg verskillende benaderings en metodes. Toekomstige breiers het ’n uitgebreide kennins van die spel nodig om met die regte gesindheid spelers te ontwikkel en ook om as afrigters sukses te behaal.
“Die kursusgangers was deurgaans nou betrokke tydens die afrigtingskursus. Ek het veral op hul vertonings tydens praktiesesessie klem gelê waar hulle hulself oortref het. In die geheel gesien was die kursus ’n groot sukses,” het hy gesê.
Kapukare sê weens Covid-19-inperkingsregulasies was dit die eerste van vyf soortgelyke kursusse wat hy aangebied het. Nog vier sal op Tsumeb, die Kavango-Oos en -Wes asook in die Erongostreek gehou word.
Kavango-Wes se kursus word beoog om afrigters op te skerp wat in 2017 hul C-sertifikate verwerf het. Die gebrek aan sokker die afgelope tyd is die oorsaak dat hulle nie behoorlik kon ontwikkel nie
Die laaste kursus sal in Omusati aangebied word. Hierna sal ’n administratiewe slypskool van 19 tot 21 November by die NFA se tegniese sentrum vir meisies deur mnr. Mathew Haikali gehou word.
Die slypskool sal soggens om negeuur begin en teen 16:00 iets van die verlede wees. Deelnemers van die NFA se vroueligaklubs is welkom om die slypskool by te woon. Die koste van die kursus is N$300 en is betaalbaar met registrasie.
Haikali sê die doel van die slypskool is om deelnemers met die vernuf en kundigheid toe te rus om hul sokker-administrasie op peil te kry. Daar sal na die bestuurskant van die spel, sowel as finansies en kommunikasie gekyk word.
“Kommunikasie is van kardinale belang en is sekerlik een van sokker se grootste uitdagings in Namibië. Ons moet weet hoe om met mense op alle vlakke te praat en veral om met ondersteuners te kommunikeer. Dit is baie belangrik om ’n goeie beeld en handelsmerk te skep,” het hy verduidelik.
Haikali sê Fifa het ’n nuwe platform vir aanlynregistrasies geskep en dit sal gedurende die kursus aan die student bekend gestel word. Die slypskool konsentreer spesifiek op die vroueklubs en ’n geskatte 70 persent van die deelnemers behoort vroue te wees.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie