Lodge-moord: Beskuldigde pleit onskuldig
Jacqueline Louw - Agt jaar nadat die bestuurder van ’n lodge in die Outjo-gebied dood in haar huis aangetref is, het die verhoor van die man wat van haar moord aangekla word in Windhoek begin.
Jesaya Nicanor (40) het Dinsdag in die hoërhof sy verskyning voor regter Christie Liebenberg gemaak. Hy staan tereg op drie klagte in verband met die dood van die 52-jarige Fiona Ann Holton. Sy is op 21 September 2008 dood in haar huis by die Etosha Safari Camp gevind.
Nicanor staan tereg op klagte van moord, huisbraak met die doel om te verkrag en dwarsboming van die gereg. Hy pleit onskuldig op al die klagte.
Volgens kollegas van Holton wat Dinsdag in die getuiebank was, het Holton die week van haar dood by die Etosha Safari Camp aangekom om die pos van bestuurder by mev. Juanita Holmes oor te neem. Dié lodge is tussen Outjo en die Etosha Nasionale Park geleë.
Die staat voer aan dat Nikanor en nog ’n werknemer ’n lugverkoeler op 18 en 19 September 2008 in Holton se huis geïnstalleer het. Volgens die klagstaat het Nicanor Holton se huis gedurende die aand van 20 September 2008 of die vroeë oggendure van die volgende dag deur ’n venster binnegegaan.
Hy het na bewering vir Holton aangeval deur haar met ’n onbekende voorwerp teen haar kop te slaan, haar te wurg en toe te verkrag. Holton het op die toneel gesterf.
Nicanor het na bewering die polisie se ondersoek probeer dwarsboom deur die broek wat hy gedra het te was, weg te steek en ’n ander broek aan die polisie te oorhandig vir hul ondersoek toe hy op 20 September 2008 daarvoor gevra is.
Kennisse en kollegas van Holton is gister oor die gebeure op die noodlottige dag in September 2008 ondervra.
Me. Juanita Holmes en haar man, mnr. Brian Holmes, het getuig hoe hulle op 20 September aandete saam met die oorledene genuttig het en haar die volgende dag dood in haar huis aangetref het toe sy nie vir diens by die lodge opgedaag het nie. Nóg ’n kollega en kennis, mnr. Alain Noirefarlise, het getuig hoe hy haar pols gevoel het en besef sy is dood. Al drie die getuies het Nicanor in die hof geïdentifiseer.
Die verhoor duur voort. Advokaat Filistas Shikerete-Vendura tree namens die staat op en mnr. Mese Tjituri tree namens die beskuldigde op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie