Lodges op oewer oorstroom
Tanja Bause – Die Kavango Bed & Breakfast wat op die Kavangorivier se oewers geleë is, is tans van die res van die land afgesny weens die rivier se stygende watervlakke. Volgens die eienaar, me. Adriana Pienaar, is dit die eerste keer dat sy die rivier so sterk sien styg.
“Ek is op my knieë. Ek weet nie wat ek verder gaan doen nie. Eers het die toeriste met die eerste Covid-19-uitbreking gekanselleer, wat vir ons ‘n harde slag was en toe kom die water.”
“Ons woon nou drie jaar daar en in Mei 2017 was die rivier ook baie hoog en die pad na die lodges het oorstroom. Ons kon nog deur die water ry, nou kan ons nie.”
Sy en haar man is tans weens die hokmaatreëls in Okahandja vasgevang. Hulle het na Okahandja gekom om ‘n oplossing vir die gebrek aan toeriste by hulle lodge te vind.
“My mense het my gebel en vertel die water is besig om vinnig te styg. Hulle en my diere is vasgevang en kan slegs per boot gered word. Die pad na die huis is weggespoel en is sowat ses meter onder water. Geen voertuig kan daar uitkom nie.”
Intussen het die weerlig die waterpomp getref en is daar nie lopende water nie.
“My mense moet in die swembad was want daar is geen storte nie. Daar is ook geen Wi-Fi nie, want dit is ook deur die weerlig uitgeslaan. Dit is hoekom ek die boodskap van die stygende water eers drie dae later ontvang het. My mense het geen of baie swak kommunikasiemiddele.”
“Ek is bekommerd oor my mense en my diere. My een hond het babas en ek hoop hulle, my katte en voëls is veilig. Ek het nie die geld om ‘n boot te huur om hulle te gaan haal nie. ‘n Boot is die enigste manier vir hulle om daar weg te kom.”
Volgens Pienaar is daar 24 trappe na die rivier toe en in 2017 was die eerste twee onder water, nou is die water by die laaste trap.
“Dit beteken die water is ses duim van my houtdek af en as dit daaroor vloei is my swembad en grasperk onder water.”
“Ek is hartseer en raadop. Ek moet by my huis uitkom. Ek moet probeer om my mense, diere en besittings te red. Ek is 65 jaar oud en het nie krag om van voor af te begin nie. Ons het van maand tot maand gelewe soos die toeriste by ons kom bly het. Ons kon ‘n bestaan maak, maar nou is dit net ‘n gemors. My hande is afgekap en ek is magteloos.”
Die Hakusembe River Lodge, Kavango Bed & Breakfast se bure, is ook onder water.
Volgens Dinsdag se vloedverslag wat deur Namibië se hidrologiese dienste uitgereik is, styg die Kavangorivier tans sterk en vloei dit bonormaal diep vir hierdie tyd van die jaar. Dit het 7,97 m diep by Rundu en 4,64 m diep by die Divundu-brug gemeet.
Terselfdertyd styg die Zambezirivier ook vinnig by Katima Mulilo en het dit 6,73 m gemeet. Die hidrologiese dienste verwag dié rivier sal verder styg vanweë die teenwoordigheid van meer vloedwater in die Barotse-vloedvlaktes – in die rivier se boonste opvangsgebied by Mongu en Senanga.
Die Choberivier styg tans ook sterk en meet 6,42 m diep by die Chobe Water Villas.
Volgens die vloedverslag was die diepste wat die Kavangorivier ooit gemeet het, 8,9 m by Rundu in April 1969.
Die Zambezirivier het ook in April 1969 die diepste ooit (8,16 m) by Katima Mulilo gevloei.
“Ons verwag nie dat die vorige vloedrekords nou behaal sal word nie, maar die huidige vloedvlakke is uitsonderlik,” het me. Helvi Shalongo, hidroloog in die direktoraat van waterhulpbronnebestuur se hidrologie-afdeling gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie